(English down below)
Ek en Keat het vandag ons motorfietse vir die vlug Duitsland toe in Kaapstad by die lughawe afgegee. Daar was ‘n paar benoude oomblikke toe die lughaweamptenare ‘n verklaring vir die vervoer van gevaarlike vrag wou gehad het wat ons uit Duitsland moes gekry het. Sonder die verklaring sou die fietse nie vir die vlug aanvaar kon word nie. Ek was op die punt om Duitsland te bel toe ek vir oulaas die dokumente deurgekyk en die twee verklarings in Keat se koevert gekry het. Dit het die probleem vinnig opgelos. Ons moes daarna net die batterye ontkoppel en die batterykabels geïsoleer het.
Ek is byna bekommerd omdat alles daarna so maklik afgeloop het. Ek hoop dat wanneer ons in Duitsland aankom, al die dokumentasie reg gaan wees. As iets te maklik gaan, is ek skepties. Dis ‘n verkeerde instelling. Hoekom verwag mens dat alles met ‘n gesukkel moet gepaard gaan?
Die twee motorfietse vlieg Vrydagoggend vroeg München toe.
Keat and I handed our motorcycles over to SwissCargo for the flight to Germany this morning. The airport officials demanded to see the Declaration for the Transport of Dangerous Goods that we were supposed to have received from Germany. I couldn’t find it anywhere. I was about to call the agent in Germany when I decided to look through Keat’s envelope, and there I found the declarations! I left it there when I gave him his documents. We were so relieved!! That solved the problem and the bikes were accepted. We only had to disconnect the batteries and isolate the cables.
I can only hope that we’ve received all the documentation to get the bikes back in Germany next Monday. I am suspicious if everything went so smoothly. I have to change this attitude. Why must everything be a battle?
The bikes fly from Cape Town very early Friday morning.
In Suid-Afrika begin ons gewoond raak aan die feit dat alles wel met ‘n gesukkel gepaard gaan … STERKTE & Geniet dit!
Safe and fun journey.from Cat .