Ek raak ongeduldig

(English below)

Dit was vandag ‘n dag van wag en wag en die hele tyd hoor “binne twee uur sê ons jou of die motorfiets van Windhoek kan vlieg.” ‘n Paar minute gelede het die epos uit Duitsland gekom. Almal trek skouers op. Niemand neem verantwoordelikheid nie.

Dis dodelik vir my motivering en om my kop reg te kry vir die marathonreis wat voorlê. Daarom het ek nou die streep getrek. Ek gaan Woensdag Kaapstad toe, ek gaan Keat se fiets by vriende van hom stoor,en dan my fiets neem, pak en gereed maak om te vertrek. Ek wag nie langer vir enige een nie. En ek sal op die blog skryf wat ek van swak diens dink, en name noem.

Hoe ek my fiets uit Duitsland gaan terugkry? Ek weet nie. Kom tyd kom raad.

EK BEGIN DIE EINDE VAN DIE WEEK RY, VAN KAAPSTAD, NOORD!

Today was quite an irritating day. The whole day I had to hear that within two hours I would know whether the KLR could fly from Windhoek to Munich with the remaining LTU flights. A few minutes ago I received an email. No good news. No one except us is responsible for the bikes not flown to Germany.

The waiting is killing my motivation for the long trip and lonely weeks to come. I decided that I am not going to wait any longer on any news from Germany and especially not from Cape Town. On Wednesday I am going down to Cape Town and remove the bikes from the premises of Swissport Cargo. After getting everything that I need I am going to hit the road. That should be end of the week.

I don’t know how I am getting the KLR back from Europe. Time will show.

AT THE END OF THE WEEK I AM GOING TO BE ON THE ROAD! CAPE TOWN TO GERMANY!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Ek raak ongeduldig

  1. Willem says:

    Lodie, baie sterkte, ek kan dink hoe jy voel . . frustrasie ens.
    Wees egter nie gejaagd in jouself nie ou maat, kry vrede, sodat alles kan reg uitwerk!
    Weet dat agter elke ding wat “skeef loop”, daar anyway ‘n beter plan en uitkoms wag!

    Nogmaals sterkte, ons bid vir jou!

  2. Willem, wyse woorde van jou. Rustigheid is nou nodig. ‘n Mens kan nie wegvlieg en jaag nie. Die ou duiwel het hard probeer om die vreugde te bederf, en hy het weer verloor 🙂

  3. Carin says:

    Vergete die verlede, vergete die meulstene !
    Nou lê net ‘n blink toekoms met blink nuwe ervaringe vir jou voor ! Ons dra jou in ons harte
    saam elke dag ! NEVER GIVE UP ON A DREAM !

  4. Bradley says:

    Hi Lodie. I know you have a lot of friends in Cape Town, but if you need a bed while here, I have a little batchelor flatlet at my home that is not occupied at the moment – just a thought. All the best with your plans – there is always a reason for these things to happen it is maybe just not clear enough to us at the moment.

  5. Christina says:

    Ai ou Lodie, ek kan maar net met Skrif bevestig wat uit almal se monde na jou toe kom – Rom 8:28 God laat ALLES ten goede meewerk vir die wat Hom lief het… en alles beteken alles… Veral wanneer dinge juis buite ons beheer raak, dan het mens nie ‘n keuse as om terug te sit en te kyk hoe God werk nie ne? Eintlik amazing om met tye op daai plek te kom, want ons gaan gewoonlik mos maar in outomatiese rat ne vorentoe en wil seker maak ons het alles onder beheer… Ek weet jy gaan aangenaam verras wees met Sy plan vir hierdie trip, want Sy plan is die perfekte plan!
    Mag Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan in jou hart kom vestig vandag en alles binne jou rustig maak…daai vrede wat kom as mens net weer rustig raak in die wete dat jy SY kind is, ja jou Pa is die Heerser oor die heelal, al die planete en sterrestelsels, en ook oor Duitsland en SA en hul lugrederye en motorfietse en paaie en mense wat vir dielugrederye werk en wat alles nog… en dat jy weereens oorgegee het aan Sy wil vir die trippie…die veiligste plek om te wees. Mooi loop jong! Dink aan jou en bid vir jou. Christina

  6. Christina says:

    Ek stuur solank vir jou ‘n email van my trippie Brussels toe vir as jy tydjie kry om voete op te skop met ‘n koppie koffie in die hand en kansie kry om jou gedagtes weer in iemand anders se lewe te laat gaan rondloop… dan lag jy weer saam my. So kyk uit vir ‘n mailtjie. Ek sal al die fotos uithaal soos jy gevra het. Sit op die oomblik in my hotelkamer en werk. Vlieg more Rusland toe! Kannie wag nie! Cheers vir eers!

  7. Go well my friend.

    BE SAFE BUT HAVE FUN .

  8. Erika van Sittert says:

    Mnr de Jager,
    Ek sal graag vir jou iets positief wou sê, wat jy altyd vir ons op skool gesê het, maar na meer as 20 jaar, kan ek nie aan iets dink nie. Al wat ek wil sê is: STERKTE!
    STERKTE vir jou rit; hetsy van Duitsland tot SA of van SA tot Duitsland.
    STERKTE met die reëlings/beplanning wat voorlê.
    STERKTE met die kommunikasie in ons land.
    STERKTE! STERKTE! STERKTE!
    Maar onthou: die oomblik as alles in plek is – geniet elke oomblik!
    (Ek het ‘n mail van Bothaville Hoërskool reunie aangestuur. Weet nie of Mnr dit gekry het nie?)
    Gauteng Groete,
    Erika

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s