Dit was ‘n goeie dag.

Ek is in die Kaap. Ons het vanmiddag weer ‘n keer die dokumentasie van die KLR gedoen. Ek glo dis die keer perfek. Die lugdiens gaan nou die motorfiets per vragmotor Windhoek toe vervoer, en as alles reg uitwerk, vlieg die KLR Maandagoggend uit Windhoek en Dinsdagoggend kry ek die fiets. Ek is gelukkig en gereed om te begin ry.

Die hoogtepunt van die dag was egter ‘n besoek aan die Engen vulstasie op O R Tambo Lughawe. Die bestuurder is Egmont Sass, self ‘n KLR-ryer. Egmont het vanoggend aan my ‘n tjek van R 6 000.00 oorhandig vir Operation Smile! Hildegard Schoeman, die netwerkbestuurder, was ook teenwoordig. Ek is ‘n reuse dankie aan Egmont en Engen verskuldig. Sy goedheid van hart is vir my ‘n groot inspirasie vir die lang ry.

As julle op die lughawe is, gaan maak gerus by Egmont ‘n draai. Hy het baie planne by die vulstasie om Ride vir ‘n Smile / Operation Smile nog verder te bemark.

Vyf kinders se geld is nou ingesamel!! Tien om te gaan!

Egmont Sass (bestuurder), Hildegard Schoeman (netwerkbestuurder), en ek, Lodie

I look forward to visiting the friendly staff of Engen at OR Tambo on return to South Africa.

I am in the Cape now. We again did all the paperwork this afternoon. The bike will be taken by truck to Windhoek and should fly on Monday morning. On Tuesday I will get the bike, and then the long ride south starts. I am ready, and I have my inner peace.

The highlight of the day was the visit to the Engen filling station at OR Tambo Int. Airport. The manager, Egmont Sass, a KLR rider, is driven by his love for his fellow human beings. He and his staff donated R 6 000.00 to Operation Smile. Hildegard Schoeman, network manager of the area, was also present. Egmont, thank you so much to you and your staff for this wonderful gesture. May you be blessed! You all are a huge inspiration for this long ride.

If you are at OR Tambo go and visit Engen. Egmont has many plans to promote Ride for a Smile / Operation Smiile at the filling station.

We’ve raised the funds for five children! Ten to go!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Dit was ‘n goeie dag.

  1. Anoniem says:

    Jou groothartige besluit om met die KLR te ry –
    onvoorwaardelik om kinderhartjies te verbly,
    elke dag ontvou nog ‘n sprankie hoop –
    soveel glimlaggies so soet soos stroop!
    seëngroete

  2. Des & Pieter says:

    Ek is bly jou rit begin en dat jy positief is. Jammer om van die koue te hoor!!! Hier in onse Naboom is dit natuurlik heerlike weer!! Baie sterkte!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s