Die vulkaan …

(English below)

Vanaand om agtuur sou die Air Berlin vlug van München Windhoek toe vertrek het. Sou die vliegtuig my motorfiets saam teruggebring het. Sou.

Vanaand hier in Duitsland met die sewe-uur nuus het die nuus gekom. Die hernieude uitbarsting van die vulkaan het veroorsaak dat Münchenlughawe sedert vanmmiddag heeltemaal gesluit is.

My treinkaartjie is reeds lughawe toe gekoop om Dinsdag die KLR te gaan haal. Afslagkaartjies kan mens nie teruggee nie. So, ek ry steeds Dinsdag die byna sesuur lange treinrit München toe en sal maar daar kampeer tot die KLR opdaag. Miskien kry ek nog ‘n gratis ete saam met die ander gestrandes 🙂

Plan B as die KLR glad nie opdaag nie? Dan begin ek en reis per openbare vervoer van Duitsland Kaapstad toe. Busse, treine, vragmotors, per duim.

Ek is baie rustig. Alles is mos onder beheer.

Groete uit Duitsland.

(English)

The Air Berlin flight that would have brought the KLR to Munich would have left Munich airport tonight at eight. Would have because Munich airport has been closed due to the renewed influx of volcano ash across the southern parts of Europe.

I already bought my train ticket at a reduced rate, and one cannot cancel or change such a train ticket. Therefore, on Tuesday I will still leave on the six hour train trip to Munich. I am going to camp at the airport until the bikes arrives. Perhaps I am lucky enough to get a free meal with all the other stranded passengers 🙂

What is plan B? If the bikes does not make it to Germany then I will travel back to Cape Town by using public transport, using trains, busses, trucks, and by hitchhiking.

I am not worried. Everything happens according to the big plan, not so?

Regards from Germany!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Die vulkaan …

  1. Willem Landman says:

    Lodie
    Jou attitude is awesome, dis mos maar wie jy is!
    Jou trip gaan jy doen, al vlieg jy hom ook , die belangrikste is dat die fondse vir Operation Smile gaan daar wees, meer as wat nodig is!
    Wat van ‘n bike daar leen of huur?
    God sal jou help ou Wenner!
    Sterkte!

  2. Ina Bester says:

    Ai Lodie, dis asof die duiwel alle in sy vermoe doen om hierdie wonderlike sending wat jy so lankal beplan, viervoetig wil belemmer….maar ons weet mos Hy is in beheer, en sal alles laat uitwerk op die ou end….. Sterkte!!!…..Alles SAL die moeite werd wees op die ou end, en jy sal hierdie struikelblokke vergeet, asof dit nooit ‘n hindernis was nie…..

  3. Marieta says:

    Lodie,

    Jou entoesiasme en vasberadenheid is ‘n voorbeeld vir almal. Ek het volle vertroue in jou en die projek en glo dit sal geseen word.

    Respek ou maat! . . . en sterkte.

  4. andrew says:

    Now you are on the right track, this is the beauty of travelling, where you are totally free & open to whatever happens_

    Enjoy the moment, take lot’s of photo’s – because this is the only true reality_

    Go safe !

  5. Willem Landman says:

    Lodie, kyk hier op Wilddogs, dis waar ons oor jou mission chat!
    http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=48594.0;topicseen

    Sterkte!

  6. Willem, baie dankie vir die link! Julle ouens laat mens klein voel. Die dinge begin nou reg gebeur! Groete, Lodie

  7. Willie en Cathy says:

    Lodie, As jy ooit ‘n skaduwee oor jou lewe voel hang, kyk op en jy sal sien dis God se hand wat oor jou waak. Wees stil en weet Hy is in beheer. Jy is ‘n wenner VASBYT! Groete Willie en Cathy

  8. Des & Pieter says:

    Onthou net om die engeltjie saam te vat….. sterkte!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s