Dit was koud, broer, dit was koud

(English below)

Ek het vanogggend byna 400 km in reën en koue vanuit die suide van Duitsland tot naby Frankfurt gery. Dit was koud. In een dorpie het die bank ‘n elektroniese termometer gehad. Dit was 5 grade. Die vriende by wie ek was, praat van hul somer wat op 10 Maart was.

My luilekker kuierdae in Duitsland word nou vinnig minder. Ek het die vragboot se aankoms- en vertrekdatum gekry. Ek begin my lang ry suid op Dinsdag 18 Mei. Tot by die hawe teen die Sloweniese grens gaan ek deur Duitsland, Oostenryk, Liechtenstein, Switserland en Italië ry. Ek moet Donderdag al die papierwerk afhandel, en Vrydag parkeer ek my motorfiets op die skip vir die ry Israel toe.

Die WEG tydskrif se webblad is www.weg.co.za (.) Regs onder op die webblad is die skakel na die blog wat ek vir WEG doen. Dis net eenkeer ‘n week en gaan ‘n ander storie hê as wat op hierdie blog te lese is. Gaan loer gerus daar in. Gister was die eerste bydrae en ek het hoofsaaklik foto’s opgesit.

Estelle Roos uit Welkom het die mooi aanhaling van Audrey Blignault oor reis gestuur:

"Dit wat ‘n mens die langste bybly van ‘n reis is nie die lande waar jy was en die plekke wat jy gesien het nie. Nee, dis die onverwagte, onbeplande, nie-berekende dinge: die terloopse ontmoeting wat tog betekenisvol word, die onthullende gesprek, die eerste, skuwe aanvoeling van ‘n innerlike verwantskap, die skielike ontdekking van die bekende in die onbekende, die verrassende vonds van n stukkie gewoon menslike vriendelikheid waar ‘n mens dit nie gesoek het nie."

Dis mooi. Ek sien uit na die avontuur van Afrika en die Midde Ooste wat voorlê!

English

This morning I had a ride of nearly 400 km in cold, miserable weather from friends living in the south of Germany to my friends Rosi and Gunther close to Frankfurt. The bank in one of the villages I passed through had an electronic thermometer. The reading was a cold 5 degrees. My friends speak of their summer that was on 10 March ….

My days of visiting old friends in Germany are nearly over. I received the times for the cargo ship on which the KLR and I will travel to Israel. I have to leave Germany on Tuesday 18 May and will travel through Austria, Liechtenstein, Switzerland and Italy before reaching the port close to the Slovenian border. On Thursday I have to complete the paperwork (again!) and on Friday the ship should leave.

The website of the Afrikaans travel magazine WEG is www.weg.co.za (.) On the front page at the bottom right is a link to another blog that I keep for WEG. I’ll post a short report to that blog once a week and it will be something different from this blog. Yesterday I posted for the first time, only photographs. Have a look at the website, you will enjoy it.

I look forward to the adventure that lies ahead on the African continent!

Have a great day!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s