Begin / Start: Langenselbold, Duitsland/Germany
Bestemming / Destination: Bad Ragaz, Switzerland
Afstand / Distance: 543 km
Die KLR het vandag ‘n besondere mylpaal behaal. Hy (Dit?) was in sy 21ste land. Voor die huidige toer het die getal lande op 18 gestaan. Vandag het Frankryk, Switserland en die Hertogdom van Liechtenstein die 21 volgemaak.
Ek het die ry vandag geniet. Dit was ‘n lang dag. Ek het gereeld klein paadjies gery wat die spoed baie afgebring het. Ek het half 7 vanaand in Bad Ragaz in Switserland gestop, verkluim tot in my binneste. My ligte verkoue van gister is vandag ‘n volbloed ene.
Teen laatmiddag het ek die Alpe die eerste keer gesien. Daar is nog baie sneeu op die pieke. Ek wonder of dit my verbeelding was dat die lug sommer skielik kouer geword het.
Ek gaan nou ‘n aanvegbare punt maak: Die Switsers is van die onvriendelikste mense wat toerisme betref. Hul dienslewering kry by my ‘n 2 uit 10. Switserland se toerismegebiede behoort ‘n nuwe handboek oor dienslewering te kry. Hulle weet dat die Alpe altyd toeriste sal bring, hulle hoef nie ‘n vriendelike vinger krom maak nie. En dit doen hulle ook nie … Ek het vandag Kenhardt se gasvryheid gemis.
More beplan ek om oor die Bernardinopas te ry. Dit gaan opwindend wees!
(English)
Today was a very special day for the KLR. It crossed the border into the 21st country since I bought it in 2007. The last three countries to get to the 21 were France, Switzerland and the Principality of Liechtenstein, through which I travelled today.
I enjoyed the riding of today. I went off the Autobahn quite often and travelled on typical country roads. It brought the average speeds down, but who cares? I reached Bad Ragaz at 18:30, frozen to the core. My light cold of yesterday is a full-blown cold today.
Late afternoon I saw the Alps for the first time. There is still a lot of snow on the peaks. On seeing the snow the air suddenly felt chilly. Whether that was only my imagination?
The service delivery of the Swiss in the tourism branch is of the worst I’ve ever experienced. I know there are people that will differ. These ladies and gents here in Switzerland need a new handbook on
customer care, or they could go and learn from the hotel
in Kenhardt in South Africa. Should their Alps disappear overnight so will the tourists.
Tomorrow I plan to ride across the Bernardino pass, that should be exciting!
Dit klink baie opwindend! Kan nie glo dat ‘n ontwikkelde land sulke swak dienslewering het nie. Hoop jy ondervind beter diens in die ander “ontwikkelde lande” wat jy nog moet deurgaan. Afrika (sekere dele) het darem nog goeie dienslewering maar ons moet maar op ons regte staan, anders gaan dit maar hier ook verval. Miskien as ons Wildtuin en die Kaap “vergaan” gaan daar ook nie hier veel oorbly nie! Hoop nie so nie! Groete vanuit ‘n heerlike Naboom!!! Mooi ry! Hoop Engeltjie hou ‘n ogie oor jou….