(English below)
Naand uit Italië!
Onlangs het een van ons oudstudente van kopoomblikke geskryf, daardie
oomblikke wat so spesiaal in sien en ervaar is dat dit moeilik
omskryfbaar is. Dis iets soos my “kopfoto’s” van twee jaar gelede.
Ek het vandag so ‘n oomblik gehad. Ek het net na 9 uit Bad Ragaz gery.
Dit was koud, met hoofletters. Die pad het hoër en hoër die Alpe
uitgeklim. Kort voor die San Bernardinopas het dit lig begin sneeu. Ek
het so ‘n kort videogreep wat ek op die Naboomblad gaan sit. Daarop kan
mens die sneeu liggies sien val. Ek en my woestynfiets in ligte sneeu…
Die pad het verder uitgeklim, 180 grade draaie, eerste rat meeste van
die tyd, met hande wat gesukkel het om behoorlik te rem of koppelaar te
trek.
Toe gaan die pad oor die kruin, en aan die suidekant van die Alpe,
Italië se kant, het die son geel mildadig geskyn! Dit was tot by Lugano
afdraende. Ek het teruggesit teen my geel sak, die warmte het deur my
koue rug getrek. Ver onder voor my in ‘n vallei het die mooiste gesig
ontvou. Groen valleie, watervalle gevorm deur die smeltwater van die sneeu, snaakse beeste met lang kroes hare, en die blouste blouste
meer. Die KLR het in Lugano gestop en ek het langs die meer gaan sit.
Dit was ‘n kopoomblik. Die sien en ervaar en beleef was meer as wat
enige kamera of beskrywing kon gee.
Ek is in Italië, verkoue en gelukkig.
Kopoomblik. Wat ‘n besonderse woord. Dankie Aney!
English
Good evening from Italy!
Recently one of our ex-students wrote about “kopoomblikke”, difficult to translate. It is a moment in your head, an impression, something that one has seen or experienced but so intense that it is nearly impossible to describe it. It is like my “kopfoto’s” of two years ago.
Today for the first time on this tour I expereinced such a moment. I left Bad Ragaz just after 9. It was cold, very cold. Just before starting the final ascent on the San Bernardino pass it started to snow lightly. I am going to add a short video clip on the Naboom website soon. There you can see the light snow coming down. My desert KLR in the snow …
The bends were 180 degree stuff, first gear the whole time. My hands were so stiff that braking or pulling the clutch difficult was.
The the road crossed the summit. Before me suddenly mild golden sunshine over the green valleys. It was downhill all the way to Lugano. I sat back on the KLR and let it idle down to Lugano. My yellow bag was getting warmer in the sunshine. A pleasant warm feeling started spreading through my frozen body. The most beautiful sight unfolded in front of me. A deep green valley lay cut open to the bluest lake at its foot. Wild waterfalls tumbled down the cliffs. Weird brown catlle with long horns, with hides like our winter sheep, grazed the meadows. I stopped at the lake and sat down on a bench.
That was a kopoomblik, a moment so intense that no camera and no writer will ever have the capability to repeat that.
I am in Italy, still having a cold, and still happy.
Kopoomblik. What a special word. Thank you Aney!
Dit lyk pragtig! Ek is bly jy is verkoue EN gelukkig! Dit wil gedoen word! Die kopoomblikke is die beste…..
Hallo Lodie, ons was verlede jaar by Como, waar jy seker vandag is, en vandaar af na lake Garda. Dit is ‘n pragtige omgewing en ek kan net dink hoe lekker dit moet wees om dit op ‘n motorfiets te ervaar. Velig reis en geniet elke oomblik. Louis en Riana.
Ohhhhhhhhhh! Ich fríere mit dir! Bei uns ist jetzt der Fruehling angekommen!!