(English below)
Goeie naand uit Italië!
Die motorfiets loop nog goed, ek sit nog vas in die saal, en elke dag
gaan die reis verder suid, huis toe, Suid-Afrika toe.
Ek moes vanaand weer op die WEG webblad ‘n bydrae doen. Gaan kyk gerus
daarna by http://www.weg.co.za (.) Die skakel is heel onder regs op die
webblad. Ek het vandag, terwyl ek ‘n cappuccino gedrink het, oor
lewenskwaliteit en lewensinstelling nagedink. Ek moes net so ietsie
daaroor op die WEG blog skryf. En dit het alles by ‘n cappuccino begin!
Die toer oor Afrika gaan om geld vir kinders met haaslippies en gesplete
verhemeltes in te samel. Goeie vriende van my reël ‘n
fondsinsamelingsete middel September by Johannesburg. Die opbrengs van
die aand gaan dan aan my Operation Smile insameling. Met die aand se
funksie word die insameling finaal afgesluit en die volle bedrag aan
Operation Smile oorbetaal.
Datum: Saterdag 18 September 2010
Kontakpersoon vir ALLE inligting: Riana de Villiers (rianadv@gmail.com
of 083 708 7316)
Sal dit nie wonderlik wees as baie mense die wonderlike aand kan bywoon
nie? Ek hoop om BAIE van julle daar te sien.
(Sou ek dan nog steeds nie terug uit Afrika wees nie, kan julle die
opbrengs van die aand gebruik om my uit Afrika terug te kry!)
Riana, baie dankie vir jou inisiatief om so iets te reël.
(English)
Good evening from Italy!
The ride is going well, the KLR is not missing a beat and I am still
hanging on. The ride is set south, direction home, Cape Town, South
Africa.
Tonight I had to do another post on the WEG magazine’s blog. You will
find it on http://www.weg.co.za, at the bottom right. If you can read and
understand Afrikaans, do the effort and read it. While drinking a
cappuccino today I thought a lot about quality of life and
attitude. And that all started with a cappuccino …
You know that the reason for me riding to Cape Town is to raise funds
for the treatment of children with cleft lips and palates. Riana de
Villiers is organizing a fundraising dinner middle
of September near Johannesburg. That will be the final fundraising
effort of my trip. After that all the money raised will be handed over
to Operation Smile.
Date: Saturday 18 September 2010
Contact person: Riana de Villiers (rianadv@gmail.com
or 083 708 7316)
I hope that many of you can attend that wonderful evening. I look
forward to meeting you that night!
(And should I still be riding across Africa use the money raised that
evening to get me back to South Africa!)
Riana, thank you so much for taking on this challenge. I know the
evening will be a huge success!
Hello oom Lodie!
Seker die verkeerde plek om nou te se dat ek more gaan begin reel by die skool vir die insamel van die geld vir OPERATION SMILE , hou duim vas seblief.
Ons mis oom hier in Naboom !!
Laat weet van oom!