(English below)
Naand!
Ek sit op die skip en skryf gou nog ‘n paar woorde. Ons vertrek vannag om 02:00.
My videokamera het vandag in al die geharwar en papiere ronddra in die hawe van Monfalcone voete gekry. Ek blameer net myself. ‘n Mens moet nie net in Afrika jou goed oppas nie. Al die goed wat ek afgeneem het ….
Die engiste manier om kop hoog te hou, is om te lag. Ek probeer nou aan ‘n grappie dink. Al wat my byval, is iets wat ek by die Moritze in Duitsland gehoor het. Dis blykbaar die waarheid. Met ‘n sokkerwedstryd in Engeland is die Duitse sokker fans met die volgende welkom geheet:
“Welcome to all the German ventilators!”
‘Ventilator’ was toe die verkeerde vertaling van die Duitse woord ‘Fans’.
Dankie vir al die positiewe boodskappe vandag! Opwindende tye lê voor! Ek weet nou dat hierdie reis ‘n uitdaging soos min gaan word.
English
I am on the cargo ship. We should leave tonight at 2.
While running between my bike and many different offices today my video camera changed of owner. I have to blame only myself. One has to be careful not only in Africa. But all the footage that is lost …
The only way to keep a good spirit is by laughing. I thought of telling a joke but struggle to find one. The only one I can remember is something I heard at the Moritze in Germany. Apparently this is true. The English welcomed all German football fans to an important match in England with the following:
“Welcome to all the German ventilators!”
That was clearly the wrong translation of the German word ‘Fans’!
Thank you for all the positive messages today. The only thing that I know for sure is that this will be a challenge like little before.
Lodie, goeie dag uit ‘n baie koue Melbourne oggend met die mis so dig dat ‘n mens net ‘n paar meter sig voor jou op die pad het. Ek volg jou reis weer met groot belangstelling. So lees ek van die struikelblokke wat oor jou pad geplaas word eg die Soedan visum en nou ook jou kamera. Ek glo struikelblokke word oor ‘n mens se pad geplaas sodat dit vir ‘n mens ‘n uitdaging kan word. Nou moet ek dit in Engels skryf: “Obstacles create challenges to test the human spirit.” Ek glo en vertrou met die krag van bo sal jy die toets kan slaag. Groete Annemarie
Baie jammer om te hoor van jou videokamera! Dit is altyd ‘n groot verlies want daarop is “memories” wat ‘n mens nie met geld kan vervang nie. Wat kan jy doen? Niks, net aanvaar! Ons hoop dat dit goed gaan met jou reis verder… en dat jy al ‘n plan gemaak het met die Soedanse-probleem. Israel is nie die populerste plek nie, is dit???? Sterkte. Hoop die Engeltjie pas jou op!