(English below)
More!
Nou is daar nog net een hekkie om oor te steek voor ek Sondag die visumaansoek vir Soedan kan inhandig. Dis daardie een regte stempel in die paspoort wat nie gaan wys dat ek oor Israel Egipte toe gekom het nie.
Die optrede van ‘n paar mense het my gister net weer laat besef die mens is goed.
Ek was by die SA ambassade hier in Kairo, moes ‘n brief ter ondersteuning van my visumaansoek gaan vra. Hulle was baie simpatiek, sou help maar ek sou later moes terugkom omdat hulle baie werk gehad het weens die sokker en visumaansoeke. Ek het nie soveel tyd tot my beskikking nie …
Twee mans het seker my desperaatheid gesien en met my paspoort by die deur uit verdwyn. Na 20 minute het ek dit terug gehad met ‘n ondersteuningsbrief op die amptelike ambassadebriefhoof.
Aan daardie twee Suid-Afrikaners, baie baie dankie!
Ek het ‘n meisie ontmoet, half-Amerikaans half-Palestyns. Sy het nou van Jordanie en die Wesbank teruggekom waar sy familie gaan besoek het.
Ons het baie lekker oor ons ervaringe in en met Israel gesels. Dit was so interessant om iemand se ervaringe te hoor wat met een voet in beide werelde staan. Sy het van ‘n boek vertel wat sy op die oomblik besig was om te lees en het gemeen ek behoort dit ook te lees. Die boek gaan oor die ervaringe van die Palestyn in sy land wat nie sy land is nie.
Ek is later na my kamertjie toe, het gele en musiek luister en aan die slaap geraak. Toe ek die vlg oggend wakker word, het die boek wat sy gelees het, langs my bed gele. Sy het voor hul vlug terug VSA toe sag in my kamer gekom en dit as geskenk gelos.
Ek was stil voor sulke goedheid. Ek kan nie eers dankie se nie, ek het geen kontakbesonderhede van haar in Amerika nie. Ek sal op my beurt weer iets goeds doen vir iemand anders. (Die boek: The Secret Life of Saeed, the pessoptimist, deur Emile Habiby)
My rekenaar se laaie is kapoet, ek sal ‘n ander een moet kry of anders word alle bydraes soos die een op my selfoon geskryf!)
Geniet die voorreg van deel wees van 2010!!
English
Good morning!
One hurdle to go before I can submit my visa application for Sudan on Sunday! One stamp in my new passport to proof that I haven’t entered Egypt from Israel. One stamp only.
The last day or two I met so many kind people who made an everlasting impression on me. Two examples:
I needed a letter of support from the SA embassy in Cairo. I was there yesterday. The people were so friendly but asked whether I could come back a day or two later as they had so much work to complete for the soccer, visa etc. The problem was, I didn’t have so much time on hand!
Two gents realised that I needed it urgently. The one took my passport and disappeared into an office. Not even 20 minuters later did I have it back but also a letter of support on the smart embassy letterhead!
To those two gents, thank you so much!
Then I met a young lady who was half American and half Palestinian. She came back from a visit to relatives in the West Bank and Jordan. We had a long and very interesting chat on her experiences and as someone who was torn between two worlds. She was busy reading a book, which she recommended to me to get and read.
Later I went to my room, read a bit from a newspaper and listened to my music, and fell asleep. As I woke up the next morning I saw it. The book she was reading was laying next to my bed! Before they left for the airport for the flight back to the USA she silently came into my room and left me the book.
I had goosebumps. How can one thank an unknown person for such a gift? I’ll have to repay her kindess by doing good to a next person. (The book is The Secret Life of Saeed, the pessoptimist, by Emile Habiby)
The charger of my laptop packed up. Don’t think it is easy to find a replacement here. So, this post was typed on my cell phone!
Enjoy all the excitement of the soccer! What a privilege to be there!