Minya, Egipte

(English + photographs below)

My kuier by Makkie en Herbert Hattingh was lekker. Makkie, vir die lekker kos en sap en koffie en klere was, shukran!!! Dit gaan so wonderlik wees as julle twee by die fondsinsamelingete middel September in Suid-Afrika kan wees!

Ek het vanoggend eers by die piramides van Giza gestop. Toe ek begin foto’s neem van die fiets voor die Groot Piramide het die veiligheidswagte my dadelik gestop. Geen kommersiële fotografie (d.w.s. die KLR voor die piramides) word toegelaat nie. Ek mag egter voor die piramides afgeneem word.

Toe het ek suid gedraai. Die pad het eers ‘n draai deur die Westelike Woestyn gemaak tot ek direk oos na die Nyl afgedraai het. Die Nylpad is baie interessant maar glad nie op Tracks4Africa nie. Dis een dorpie na die ander, die een spoedbult na die ander, die een toeterkoor na die ander. Direk links van my het een van die vertakkings van die Nyl gevloei. Die mense het die water gebruik vir motorwas, skottelgoed was, vuil lywe was, groente afspoel, ‘n dooie donkie het langs die water gelê, en ek het lus vir ‘n yskoue Pepsi geword.

In een van die dorpies het ‘n oorverdowende getoeter agter my losgebars. ‘n Trokkie het tot langs my gekom. ‘n Arm het deur die oop venster gekom met ‘n tros rooi druiwe. Ek het dit in die ry geneem en voor my op die sitplek gesit. Die arm het weer verskyn met ‘n tros wit druiwe, maklik vierkeer groter as die vorige tros. Ek het ook daardie tros geneem en voor my op die saal balanseer. Daar het ‘n stopplek gekom en ek het hul beduie om te stop want ek wou ‘n paar foto’s neem. Terwyl ons daar gestaan en praat en lag het (sonder om mekaar te verstaan), het een van die manne met ‘n metaalkruis na my toe gekom en dit vir my gegee. My versameling kruise aan die motorfiets groei.

Nadat hulle gery het, het ek my druiwe met ‘n verbyganger gedeel. Ek moes my deel van “to pay forward” nakom.

Dit gaan goed met my en die motorfiets en ons ry suidwaarts.

Groete uit Minya!

Die KLR se tweede besoek aan die piramides van Giza.

The goodness of the normal human being: I got grapes more that I could eat from these guys.

They came, gave me grapes, and disappeared down the road.

English

I had a wonderful visit with Makkie and Herbert Hattingh. Makkie, thank you so much for all the food, juices, coffee, beautiful music, and my clean clothes!! It would be wonderful if you two could make it to the final fund raising dinner in September!

My first stop this morning was at the pyramids of Giza. I stopped the KLR and started taking photographs, but was stopped immediately by security. No commercial photography was allowed! (That means, snapping the old KLR in front of the pyramids is a commercial venture! Hi Kawasaki, would you like to have a photograph of a KLR in front of the pyramids?)

After that I turned south. The road first went into the Western Desert until I turned east directly towards the Nile. This road is not on Tracks4Africa! It is a densely populated area close to the Nile. I made my way slowly through many villages, over even more speed bumps, passing people peeing into the Nile, washing their cars and dishes and dirty bodies, I saw a dead donkey directly next to the water, and I wished for a cold Pepsi!

In one of the villages a noise from hell broke loose behind me. It was a guy in his pickup with a hooter worse than an vuvuzela! They came to directly next to me, came even closer (and I watched the sand next to the road) and then an arm appeared through the window, holding a bunch of red grapes to me. While riding I grabbed the grapes and put it between my legs and the fuel tank. The arm appeared again, this time with a huge bunch of white grapes. Again I grabbed it while riding. A place to stop came up and I showed them to stop as I wanted some photographs from them. They stopped and laughing and chatting posed for the photographs. One guy came to me and gave me a metal cross for my bike. My collection of crosses on the bike grows!

After they had left I ate the grapes but couldn’t manage even a small portion of it. I shared it with a passer-by, doing my share of the “to pay forward” principle.

Everything is fine with me and the KLR, and we are going south!

Regards from Minya!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Minya, Egipte

  1. Makkie says:

    Annekie se: Die druiwe was ‘n WONDERWERK…
    Vir jou ‘n liefdesdaad.
    Ons gaan beslis ons bes doen om by die ete te kan wees. As ek na Herbert luister sal ons beslis daar wees.

  2. Pieter says:

    Die druiwe episode wys net weer watse warm harte die Afrika mense het!
    Ry veilig hoor en mag die Here jou bewaar elke oomblik.

  3. Des & Pieter says:

    Dit klink sooooo opwindend en interessant… sterkte vorentoe!! Hier maar winter en vaal!!! En Bafana sukkel……

  4. Wynand says:

    Awesome! Ek het hoendervleis oor my hele lyf. Dis gebare soos die wat ‘n mens laat besef hoeveel goedheid daar nog in die ou wereld is.

    Ai man, kannie wag vir jou volgende boek nie.

    God Bless.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s