Soedan het weer eens nie teleurgestel nie

(English and photographs below)

Ek het nog ‘n hele klompie dae se ry voor Soedan verby is. Maar weereens het hierdie omstrede land nie teleurgestel nie. Die gasvryheid van die mense in die noorde van die land is eenvoudig net ongelooflik. Geen woord or geen foto kan werklik reg laat geskied aan daardie wonderlike mense nie.

Die nuwe pad tussen Wadi Halfa en Khartoem het een voordeel: Minder mense jaag nou deur die klein woestyndorpies. Die wat wel die woestynpad bo die nuwe pad verkies, word met indrukke en ervarings beloon wat hy in sy hele lewe nooit sal vergeet nie.

Toe ek gisteraand die KLR in Khartoem gestop het, die fiets vuil, vol stof en strepe, en my hare en ore vol sand en stof, my oë brandend van die stof, toe het ek geweet hoekom mens so ‘n reis aanpak. Dis in jou, jy kan nie dit aan iemand anders verduidelik nie. Miskien doen die foto’s die verduideliking beter.

English

I still have a few days’ riding in Sudan before me. Once again this country, branded by many as an enemy country, has not disappointed. The hospitality of the people in the north was legendary. No writing or no photograph can really do justice to those wonderful people living such a hard life.

The new road between Wadi Halfa and Khartoum has one huge advantage. The many tourists racing through the small Nubian villages have disappeared. They are on the new road now. Those few still using the old track get rewarded with so many wonderful experiences and encounters, that compensate for the slower travel and dirt.

As I switched off the KLR in Khartoum last night, the bike dirty as seldom before, my hair and ears full sand and dust, my eyes burning from the dust, at that moment I knew why one does such a journey. One cannot explain that to an outsider. Perhaps the few photographs do the explanation better.

Nee, ek het nie ‘n bed aan die KLR vasgemaak nie. Elke aand bied die wonderlike mense die reisiger so ‘n bed aan. Dis nagte op so ‘n bed onder die palms langs die Nyl waarvan kopoomblikke gemaak is.

Now, I didn’t tow the bed along. The Nubian people offer to the traveller they like like such a bed for the night. Sleeping under palm trees next to the Nile on such a bed changes your life for ever.

Dit was die derde keer dat ek by dié mense geslaap het. Die ou vader het sedert verlede jaar blind in sy regteroog geword. Ook die ou lyf is nou net vel en been.

It was the third time that I spent a night with these wonderful people. The old man lost sight in his right eye this year. He became even thinner since I saw him the last time.

Vroegoggend chaitee met die huismense in hul binnehof op hul beddens wat buite staan.

Early morning chai tea with the Nubian people on their beds that stand in their courtyard.

Waar daar water en tee in die Nubiese woestyn is, stop die motorbestuurders en parkeer hul voertuie met die neus na die wind toe, enjinkap oop sodat die enjin kan afkoel.

Where there is water and tea available in the Nubian desert the drivers park their vehicles with the noses into the wind, bonnets open for the engines to cool off.

Gister moes ek 530 km ry. Ek het by Abu Dom gekom, en al drie “vulstasies” was leeg. Daar was net een ander moontlikheid 104 km suid van daar. Ek het die kans gewaag en soontoe gery, gereed om daar ‘n paar dae te sit as daar geen brandstof was nie. Toe kom ek by die rooi pomp in die sand, en daar was petrol!

Yesterday I had 530 km to cover. I got to Abu Dom, and all three “filling stations” were empty. The only other possibility was 104 km to the south. I was prepared to gamble, and if there was no fuel I was prepared to sit a few days, waiting for fuels. Then I got to the red pump in the sand, and there was fuel!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s