(English and photographs below)
‘n Koue Namakwaland met min blomme het my vanoggend terug in Suid-Afrika welkom geheet.
Ek sal more ‘n bietjie langer skryf.Ek gaan nou eers in die koue sonnetjie langs my tent sit en die hitte opslurp. Dis koud hier in Springbol waar ek kamp. Hier is genoeg kamers beskikbaar, maar ek wil darem nog so ‘n laaste keer of wat kamp.
Tot more uit Garies!
Onthou om op die foto’tjie te kliek!

Ek het vir ontbyt by die Kookskerm buite Steinkopf gestop / I stopped for breakfast at the Nama Kookskerm outside Steinkopf.

My ete was kerrievleis en 'n askoek / My breakfast was curry meat and an 'askoek', a small piece of bread prepared on the coals.

Die blomme is op die oomblik maar baie skaars / The well-known flowers of Namaqualand are scarce at the moment.

My eerste kampeerplekkie in die koue winterson van die RSA / My first camping site in the cold winter sun of the RSA
Good afternoon from an icy cold Springbok!
I crossed the border into the RSA this morning. It was a cold Namaqualand with little flowers that welcomed me back.
I am not going to write much today. I want to go and sit in the cool sunshine next to my tent to absorb all the heat possible. There were enough rooms available but I wanted to camp. It is one of the last times.
I will write again from Garies tomorrow.
Have a good afternoon!
PS Remember to click on the thumbnails!
Welkom Lodie jou yster!
Die Kapenaars wag om jou tegemoet te ry!
Geniet jou laaste deel, jou legend!
Welkom terug in SA. Ek is mal oor daardie foto van die ou bakkie. Ek hou van fotos wat ‘n storie vertel.
Veilig ry verder.
Welkom terug! Jou fotos gee my heimwee vanoggend. Met ons toer in 2003/2004 het ons op Springbok oornag onderweg na Etosha. Dit was ‘n wonderlike tyd gewees. Veilig ry en geniet die laaste stukkie.
Hallo Lodie
Kan nie glo jy is al terug nie!!
Voel vir my soos gister wat ek jou gesien het. Tyd vlieg! Bly jy is veilig in SA.
Waar en wanneer is jy in die Kaap en omgewing? Geniet die laaste paar kilometers!!!:)