Garies, Namakwaland

(English and photographs below)

Naand!

Maandag het ek ‘n epos van Eeton Wickens van Kenhardt ontvang. Hy self ry ‘n KLR en het gevra of hy kan saamry Kaap toe, sommer vir die lekkerte. Gisteraand het Eeton toe op Springbok sy tentjie langs myne kom opslaan.

Ons ry vandag was lekker behalwe vir die wind! Dit het ‘n paar keer gevoel of die wind die twee motorfietse van die pad af gaan waai.

Van Kamieskroon is ons op ‘n grondpad Leliefontein toe. Ek vertel jul later oor die rede vir die besoek daar. Dankie Emil vir die wenk!

Die pad was skouspelagtig mooi met berge en klowe en baie steil gedeeltes. Teen Kammiesbergpas uit was die KLR’s dikwels in tweede rat. Na Leliefontein is ons Studerspas af met die KLR’s soms in eerste rat.

Die ry met Eeton was werklik lekker. Ons het baie dieselfde rystyl en waardering vir die natuur en die mense.

Dit was een van die heerlikste rydae wat die natuurskoon betref. Wat die blomme betref, sommige dele het nie eers ‘n tiende van hul normale reënval gehad nie. Die blomme is baie skraps.

Tien uit tien vir die KLR’s se ryvermoë op teer en op grondpad. Vir die natuurskoon van Namakwaland, elf uit tien! Die foto’s vertel die storie.

Die uitsig van Kamiesbergpas na onder toe / The breathtaking view from Kamiesberg pass down to Kamieskroon.

Die wind het hier byna my staande fiets omgewaai / The wind nearly blew over my parked bike.

Die klein kolletjie is Eeton op sy fiets / The dark spot on the road is Eeton with his bike.

English

On Monday I received an email from Eeton Wicens from Kenhardt, asking if he could join me on the ride to Cape Town. Later yesterday afternoon he pitched his tent next to mine in Springbok.

Our ride to Garies was very interesting. The only thing that spoilt the fun was a howling wind that threw the bikes all over the road.

In Kamieskroo we left the asphalt road and rode on a gravel road to Leliefontein. I will tell you the reason for the visit later. Emil, thanks for the hint. It was worth the effort.

The scenery was breathtaking with high mountains, deep valleys and green pastures. Against Kammiesberg pass the KLR’s were often in second gear. After Leliefontein we rode down Stude’s Pass. The descent was steep and we had to engage first gear often.

I enjoyed the day’s riding with Eeton. Our riding styles are quite similar and we share the same love for the nature and people.

t was one of the most beautiful days of my whole tour. However, we saw very little flowers. Some districts didn’t even have a tenth of their normal rainfall.

Today I admired again the ease with which the KLR could switch from tar riding to gravel roads. What a bike. ten out of then for it.`And then for the breathtaking scenery eleven out of ten! Have a look at the photographs.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Garies, Namakwaland

  1. Annemarie says:

    Ek geniet die fotos van die natuur so baie. Heel party van jou fotos het al hulle weg gevind hier op my rekenaar se desktop. Dit lok gereeld reaksies uit. Die foto van die geroeste ou bakkie kon ek nie weerstaan nie. Geniet die ry!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s