(English and photographs below)
Ek het in die Kaap aangekom maar ek moet nog by my huis in Limpopo, Naboomspruit, aankom. Dit beteken dis nog byna 1 900 km se lekkerte wat op my wag. Ek gaan beslis nie die kortste pad terugry nie.
Ek het vandag al FSA werk gedoen, Duitse toetse nagesien en dit vir my kollega Bronley teruggestuur. En wat skryf die klein merrie toe vir my terug? Luister ‘n bietjie: “Thanks…. about time you did some work ‘old man’.”
Nou is ek nog minder haastig om terug te kom op kantoor. Dus, as julle die komende week ‘n KLR sien wat in groter wordende sirkels deur die Karoo ry, moenie stop om rigting te gee nie. Dis doelbewus.
Dear Bronley, the old man forgot where his home is. 🙂
Kliek op hierdie drie panoramafoto’s en probeer die gees van die oomblik voel.
Geniet die naweek!
English
I arrived safely in Cape Town but I am still not at home. My home in Limpopo, Naboomspruit, is with my detours still about 1 900 km from here. I am not taking the shortest route back. No.
Today I had to do some FSA work, had to evaluate German test and send the results back to my colleague Bronley. And what did the little cheeky lady write back to me? “Thanks…. about time you did some work ‘old man’.”
Now I will make sure that I don’t get back to office too soon. If coming week you see a KLR riding through the Karoo in increasing circles don’t stop to ask what is wrong. I am wasting time not to get back to office.
Dear Bronley, the old man forgot where his home is. 🙂
Click on the panorama photographs and try to catch the spirit of the moment.
Enjoy your weekend!
Lodie!
Hoe gaan jy verby huistoe? Seker via Welkom ne?
Sal jou iewers wou hallo se langs die pad! Ek in Ventersburg.
Lekker ry!
Willem
hallo lodie.
Ek sal ook graag in die omgewing van gauteng jou graag langs die pad ontmoet. dit is seker moeilik om tye en plekke spesifiek vooruit te beplan, laat weet gerus indien jy dalk tye en paaie het vir ons. ek is in witbank.
hanlie bezuidenhout wat hier in witbank/ bronkhorstspruit is, jy ken haar, het ‘n ongeluk met haar bmw gs gehad, sy is ok, linker pols sleg gebreek, kar het voor haar ingery.
groete en voorspoed.
kobus
hello Lodie
dit was nice om jou te ontmoet.
sterkte met die res van jou trip. veilig ry en jy is in my gebede.
God bless
Bertus
Kom maak volgende naweek ‘n draai in BHV. Weer die legendariese 9/10 “game” & die skool se 50ste verjaardag. x