Nog ‘n wonderlike dag!

(English and photographs below)

Goeie naand uit Prins Albert!

Vanaand kan ek met vreede in my hart sê dat die mooiste land waardeur ek gery het, Suid-Afrika is.

Ek is vroeg van Bev en George op Swellendam weg en het oor die Tradouwpas Barrydale toe gery. Die pragtige pas is een van die passe wat deur Thomas Bain gebou is. Tradouw beteken blykbaar “pad van die vroue” in Khoisan. Die pad het geswenk en gedraai en ek het van lekkerte en koue op die KLR gesit en ril!

Kort na Calitzdorp het ek van die R62 afgedraai en die heerlikste grondpad begin ry. Die grondpad is verby groen plase en later oor die Swartbergpas tot in Prins Albert. Kyk na die foto’s van die Swartbergpas en dan sal jy my ryvreugde van die dag verstaan.

Nie eers die drie BMW-ryers wat my nie op die kruin van die Swartbergpas wou groet nie, kon my vreugde en vrede bederf nie.

More behoort ek in Nieu Bethesda vir die laaste uitdaging aan te kom. Daarna is Operation Smile R 20 000.00 ryker!

Rustige Sondagaand!

PS  Bev het my vanoggend soveel eetgoed saamgegee dat ek vir die res van die dag niks hoef te gekoop het nie. Dit voel soos Afrika …

Volpunte vir George en Bev se gasvryheid teenoor my as vreemdeling! / Full marks for the hospitality of George and Bev towards me as a stranger!

Panorama: Oppad na die Swartberge toe / On my way to the Swartberg mountain range.

Panorama: Die Swartbergpas / The Swartberg mountain pass

Die pad af na Prins Albert laat mens respek vir die pasbouers kry / The road down to Prince Albert is a testimony to the road building ability of those people who built the road.

English

Good evening from the small village of Prince Albert!

After the riding of the last two days I know for sure that the most beautiful country I’ve travelled through is South Africa.

I left early morning from Bev and George in Swellendam. I rode over the Tradouw mountain pass to Barrydale in the Little Karoo. The name “Tradouw” means “the way of the women” in Khoisan. This beautiful pass is one of the master pieces of pass builder Thomas Bain. The road with the many sharp curves is heaven for any biker.

Just east of Calitzdorp I turned off the R62 onto a gravel road and rode past green farms and many ostriches towards the Swartberg mountain range. The road continued to the well known pass crossing the mountain range. If you look at my photographs you will understand why I enjoyed the riding so much today.

Not even the three BMW riders that I met on the summit of the pass and who didn’t return my greeting could spoil my fun!

I should get to the Owl House in New Bethesda late tomorrow afternoon. After that Operation Smile will have R 20 000.00 more to operate on those children with cleft lips and palates.

Have a great Sunday evening!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Nog ‘n wonderlike dag!

  1. Maryna says:

    Dankie vir die pragtige foto’s !!
    Ons land bly tops !

  2. Maniunia says:

    Dit was so lekker om jou gister so onverwags en toevallig te ontmoet. Volgende keer kom jy vir koffie (or lunch or supper) verder op in dieselfde straat – by nr 100. What a fabulous day of chance encounters it was!
    Voor jy môre uit Prins Albert ry, gaan maak ‘n draai by ons vriende, Susan en Herman Perold by SoetKaroo oorkant Swartberg Hotel in hoofstraat (Kerkstraat). Gaan agter om die huis as niemand jou klop antwoord nie want hulle is vroeg al in hul wingerd of tuin. Lekker ry verder.

  3. Pieter says:

    Lodie ek het lankal besluit om nie ouens op BMW’s te groet nie. Hulle is of te “grênd” of dalk is hulle te bang om die handlebar te los of dalk hou al die elektroniese foefies hulle so besig dat hulle nie gewone mense op ‘n KLR (of ‘n Tiger) raaksien nie…

  4. Susan says:

    I am writing a book on my family history and would like your permission to use your photo of the church in Leliefontein in my book. Are you agreeable?
    Susan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s