(English below)
Goeie more!
Heerlike lentedag vir almal op die suidelike halfrond!
Die donasies kom stadig maar seker in. Ek glo voor ons feesdinee van 18 September gaan ons reeds genoeg geld hê vir 17 kinders se operasies.
Ek het oud-bure wat elke jaar voor ek oor Afrika gaan ry het, na my toe gekom het en ‘n hartsgebed vir my en my veiligheid gemaak het terwyl hulle hul hande op die KLR of my Toyota gesit het. Na die tyd het hulle weer gekom en dankie gesê vir ‘n veilige rit.
Gisteraand was hulle by my vir ‘n kuier en vir die dankie sê. Tydens die gebed hoor ek iets piep. Na die gebed toe ek my oë oopmaak, het die GPS op die KLR outomaties aangeskakel.
Dit was die eerste keer ooit.
Dit laat mens dink …
English
Good morning!
I wish you all a wonderful spring day if you are living on the southern hemisphere!
The donations keep coming in. I believe that before our festival dinner on 18 September we will have enough funds together to send at least 17 children for an operation.
I have ex-neighbours who came to pray for a safe trip every year before the start of my trip across Africa. They always put their hands on the KLR or my Toyota and prayed for my safety. After each return they came and did the same again, thanking God for His protection during the long ride.
Last night they came to visit and do the thanksgiving prayer. They put their hands on the KLR and started praying. During the prayer I heard some sound. After the prayer I saw that the GPS on the KLR switched on automatically.
That was the first time ever that something like that happened.
That makes one wondering …
Ons God leef: gister, vandag, more en vir altyd. Mag Hy altyd Sy nabyheid aan jou openbaar.
Our God is alive, yesterday, today, tomorrow and for ever. May He always show you that He holds you tight.
Beste Lodie, ek wil graag met jou deel dat die GPS was werklik ons Hemelse Vader wat teenwoordig was en dit eintlik vir jou sê. Die seëning wat jy ontvang het om veilig te reis is van Bo. Dit is wonderlik om te weet ons het ‘n Vader wat bemoeienis maak met nietige mense! Suzette
Maybe…jusy MAYBE, that is your sign to start preparing for another trip!! You are Blessed!
Wat ‘n wonderlike voorreg om so deur gebede gedra te word en dan daarvan bewus te wees. Nog iets vir jou om oor te dink. Terwyl ek jou blog gelees het, het die volgende gedagte by my opgekom.
GPS – God Provides Safety.
Hoekom kan ek nie verklaar nie en ek het ook nie doelbewus aan so iets probeer dink nie. Dit was sommer net daar.
Ja-nee, die Kawa jeuk. Hy wil gery word. Dis tyd dat jy aan die volgende avontuur begin werk.
GPS – God Provides Safety. Baie skerp en tog so waar.