Sampioene langs die pad

Ek wonder wie kan vir my laat weet wat se sampioene dit is.

Laasnag het die sebras langs ons tente gewei en gevreet. Afrika …

Die klein stukkie Afrika wat ons nou beleef het, was weer goed vir ons. Al die polisiemanne by die grensposte en padblokkades het ons hoflik en vriendelik behandel. Ons het diesel verniet gekry om die kettings mee skoon te maak. Mense het ons toegelaat om ons tentjies onder hul dak op te slaan. Ons het wyd en ver gestop om koeldrank in gehuggies te koop. Ons valhelms en bagasie was altyd buite veilig. Dankie Afrika! Jammer dat Suid-Afrika nog nie so ver is nie.

Ons het verby baie mense langs die pad gery wat iets in skottels verkoop het. Ek het eers gedink hulle verkoop rissies. Vanoggend het ek gesien dat dit sampioene is. Dit het so lekker gelyk. As ek net geweet het dis eetbaar sou ek graag daarvan wou koop. My instink waarsku egter teen enige ding wat vrolike helder kleure het (behalwe geel en rooi soetrissies 🙂 )

More oggend skei ek en Eeton se paaie. Hy gaan oor die Caprivi terug Kenhardt toe. Ek weet nog nie of ek deur Zimbabwe of deur Botswana gaan ry nie.

Ons het ons deel probleme met die nat weer gehad. Modder het aangepak en kabels laat swaar werk. Eeton het op sy KLR ‘n gebreekte spoedmeterkabel en ‘n gloeilamp wat die gees gegee het. Op my KLR het die kabel op die systaander wat die motorfiets laat stol as mens sou wegtrek met die systaander steeds uit, my talle kere laat staan. Ek het dit later sommer met die hand dieper ingedruk. En dan is by die sekeringe ‘n los draad. Dit het nog meer dikwels gestrand gelaat.

Met al die water en modder dink ek nog steeds die twee KLRs het skitterend gedoen.

Ek het ‘n paar vrae gehad.

About the soft luggage that Eeton is using, he will send me the name and contact details of the company that sells it.  I will put in on the blog as soon as I’ve received it. The soft luggage did its job very well.

Die vraag oor ‘n boek oor my tweede reis, ek weet self nie. Soms dink ek aan ‘n e-boek waar mens baie meer foto’s en kaarte kan insit teen ‘n baie laer koste. Aan die ander kant, ‘n papierboek bly lekker in die hand. Wat dink julle? Is ‘n papierboek nog steeds die in-ding?

Dit reen al weer. Vanaand staan die twee KLRs onder twee tentdakkies.  Dit troos so ‘n bietjie. More aand gaan die twee KLRs baie honderde kilometers van mekaar staan. Dis die lekker van reis, die ewige beweging.

Groete uit Zambie!

Ek mis al klaar die heerlike dae by die meer!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Sampioene langs die pad

  1. Maryna says:

    Langs water, lé da spore ini sand
    Interessant!
    Pragtige prentjie. DANKIE 🙂

  2. Maryna says:

    . . .o ja. . .die vrae. Sampioene lyk soos dié, wat ons in destydse SWA, by veral die miershope, na reentye kon pluk en wel geeet het. Soms was dit so baie dat ons dit kon fynmaal en koekies daarmee bak.
    ‘BOEKE’, laat mens nooit in die steek nie!

  3. Sarel V says:

    Dit is duidelik dat die KLR,s nog steeds die beste fiets is vir Afrika. Dink net as daar `n elektroniese beheerstelsel was, dan het ons `n KLR-span met geboude kuite gehad :-))

  4. Gerda Lombard says:

    Wat ‘n ongelooflike foto van die sampioene! Ek het dit aangestuur na Johann in Perth, hy het 18 maande met sampioene gewerk en hoop ek hy sal kan dit identifiseer!!! Enjoy!

  5. BradleyT says:

    The e-book idea is good, but I have never read one, and probably never will. However, I have your first book, and will certainly buy your second 🙂 . Safe travels.

  6. Willie en Cathy says:

    Hallo Lodie, fotos pragtig, Willie sê hy sou sampioene ge-eet het, die veld mense ken dit, dit lyk soos SWA sampioene. Jou mense van Zimbabwe het gesê as die sampioene wild staan in die veld en die vliee draai daarom is hulle eetbaar, geen vliee, nie eet nie. Ons stem vir ‘n boek en SIEN UIT DAARNA. Veilige reis terug na ‘n mooi groen en nat Naboom. Waarna sien jy uit vir ‘n 1ste ete terug in Naboom! Groete

  7. Ina Bester says:

    Dankie vir al die mooi fotos – pragtige wêreld. Jy maak ‘n ou sommer groen van jaloesie, AL die mooi wat jy beleef!! Sommer gister nog die rit terug van Duitsland, Desember lekker in die sneeu in Switserland, nou Afrika…ai tog…hoe bevoorreg is jy nie…Geniet dit, en veilige rit terug….Ek stem OOK eerder vir ‘n Boek..

  8. Suzanne says:

    ‘n Papierboek defnitief!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s