Goeie naand uit Tshipise!
40 km voor die SA grens het die reen opgehou. Net so.
Emil Bosch daar van die Wes-Kaap het ‘n baie interessante waarskynlikheid vir die skoenlaapers op een kol gestuur. Loer ‘n bietjie na sy opmerking. Baie dankie Emil!
Nou laat ek die foto’s praat.

In Bulawayo is die interessante straatkruising. Op die ander kant is die pyltjie en afstand Kaapstad toe.

So 'n paar km buite Musina op pad Tshipise toe het die grote langs die draad gestaan. Hy het baie mooi ivoor.
In die gemeenskap van motorfietsryers is ons almal familie. Eeton en Suzette, Nadine en Danell, ek het vandag aan jul op hierdie hartseerdag gedink.
Groete uit die bosveld!
Hulle is wonderlike maaikies! Danksy Suzette se aanbeveling lees ek nou jou site! đŸ™‚