Terug in SA maar nog nie by die huis nie

Goeie naand uit Tshipise!

40 km voor die SA grens het die reen opgehou. Net so.

Emil Bosch daar van die Wes-Kaap het ‘n baie interessante waarskynlikheid vir die skoenlaapers op een kol gestuur. Loer ‘n bietjie na sy opmerking. Baie dankie Emil!

Nou laat ek die foto’s praat.

In Bulawayo is die interessante straatkruising. Op die ander kant is die pyltjie en afstand Kaapstad toe.

Vanaand eers sien ek die KLR se weerkaatsing. Hy is ook op al wat 'n foto is!

Ek bly skrikkerig vir baie water. Dis miskien hoekom ek eerder van die bos as van die see hou.

My rug het hol getrek met die brug en water agter my. Ek was bly om grond onder my te voel.

Kyk na die afstandmeter. 73 000.0 km

So 'n paar km buite Musina op pad Tshipise toe het die grote langs die draad gestaan. Hy het baie mooi ivoor.

Die pad tussen Musina en Tshipise was bittermooi. Ek het sommer 75 km/h gery net omdat ek kon!

In die gemeenskap van motorfietsryers is ons almal familie. Eeton en Suzette, Nadine en Danell, ek het vandag aan jul op hierdie hartseerdag gedink.

Groete uit die bosveld!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Terug in SA maar nog nie by die huis nie

  1. Chrisma says:

    Hulle is wonderlike maaikies! Danksy Suzette se aanbeveling lees ek nou jou site! đŸ™‚

Leave a reply to Chrisma Cancel reply