Die KLR is weer by die huis

Afrikaans below

The KLR is back home again. That logically means that also I am back home.

We had two weeks of lovely riding under a heavily overcast African heaven. I have to admit that it was an strange feeling to turn back at Lake Malawi and not to continue north.

The KLR has done now more than 73 000 km. When I bought the bike on March 1, 2007, I never could imagine how far I would travel with it without major problems.

The KLR did the trip across Africa and Europe a second time last year. Before I send the KLR into retirement I would love to do a one last long trip with it. What would be the final destination? I would love to ride a third and final time across Africa with it. After that I would confine riding with it to shorter rides here in South Africa, not too far away from assistance should anything happen to it.

Can you imagine a photograph of the KLR standing a third time in front of the pyramids?

Speaking of Egypt, some of our blog readers live in Egypt close to Cairo. Last Sunday Makkie still posted two comments to the posts of the day. Since Thursday they are cut off from the outside world. There is no internet available. I tried to call them but calls to their cell phone didn’t go through. Adding to the unease that one experiences are the news reports that gangs were plundering villas in the better-off suburbs. We pray that they are safe and that God will keep them under His protection. My prayers also go to all those overland travellers travelling between Cape Town and Cairo, that they may travel safely through all the unrest areas.

Early Thursday morning Eeton and I went our different ways. He planned to be back with his family tonight, Sunday night. Apparently his bike broke down in Grootfontein, Namibia, on Friday. The last what we heard was that he was waiting for spares. Since them there was no news from him. We wish Eeton a speedy resuming of his long ride home.

Again Africa honoured us, me, by the way how we were treated by the African people.

“Remember that happiness is a way of travel – not a destination.”

So 140km van die huis af is ons weer oor die Steenbokskeerkring.

Die KLR is weer by die huis, en logies ek dus ook.

Dit was twee weke van heerlik ry onder ‘n swaarbewolkte Afrikahemel. Dit was tog ‘n vreemde gevoel om by die Malawimeer om te draai en nie verder noord te ry nie.

Die KLR het nou reeds meer as 73 000 km gedoen. Toe ek op 1 Maart 2007 die motorfiets nuut gekoop het, het ek nooit kon dink dat ek en die fiets so ver sou gaan ry sonder enige groot probleme hoegenaamd nie.

Die KLR is nou al twee keer oor Afrika en deur Europa. Ek sou nog graag een lang toer wou doen voor ek die KLR sy aftrede gun. Aftrede sou net lekker kort ritte hier in SA wees, nie meer ver buite ons landsgrense en ver weg van enige hulp nie. Waarheen sou so ‘n laaste rit wees? Miskien vir een laaste keer oor Afrika? Ek sou bitter graag ‘n derde foto van die KLR by die piramides wou neem. Drie keer verby die piramides …

Van Egipte gepraat, van ons getroue bloglesers woon in Egipte by Kairo. Verlede Sondag het Makkie nog kommentare geplaas. Sedert Donderdag is hulle van die buitewêreld afgesny weens die onluste daar. Daar is geen internet meer nie en ek kom ook nie per selfoon na hulle toe deur nie. Die gerugte van villas wat nou geplunder word, verhoog ‘n mens se onrus. Ons dra hulle aan ons Hemelse Vader op dat hulle veilig sal wees. Ook die baie oorlandreisigers tussen die Kaap en Kairo verdien ‘n spesiale gebed sodat hulle veilig deur die onrusgebiede sal kom.

Ek en Eeton is vroeg Donderdagoggend weg van mekaar in Zambië. Hy was van plan om vanaand, Sondagaand, by sy gesin in Kenhardt aan te kom. Sy vrou Suzette het Vrydag ‘n epos van hom uit Grootfontein ontvang dat sy KLR gebreek het en dat hulle vir onderdele wag. Sedertdien het ons nog niks weer van hom gehoor nie. Ook vir hom wens ons ‘n vinnige hervatting van sy reis huis toe.

Die allesoorheersende gevoel na hierdie rit is ‘n gevoel van dankbaarheid vir wat ek, ons, weereens  in Afrika kon en mag beleef.

“Remember that happiness is a way of travel – not a destination.”

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Die KLR is weer by die huis

  1. Wynand says:

    Bly jy’s veilig by die huis.

  2. Makkie says:

    Kaïro is weer op die lug, vir hoe lank en hoe gereeld weet ons nog nie. Hoop die kommentaar is by die regte blog – webblad wil nie volledig laai nie.
    Baie dankie vir almal se gebede. Dit gaan goed met ons. Ons is so 30km van die groot marakas af. Verder bly ons redelik in die woestyn en het nog net een aand bietjie probleme gehad, maar niks ernstigs nie. Bedoeïne tree vir ons as wagte op en hulle is die beste sekuriteit in Egipte. Ons mans staan ook wag deur die nag.
    Ons kos en water is nog genoeg – onder andere mieliemeel en spek uit SA. Ons moraal is nog hoog EN ons is kinders van Afrika.

  3. Ek en Ernst vertrek soos die HERE wil die2de Mei wilgraag by jou weet hoe jy al die fotos op gelaai het of het jy gewag tot by die huis voor jy die berig geskryf het en al die fotos opgelaai het?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s