Naboom KLR bash

Ek wonder dikwels hoe dit gebeur dat jy mense ontmoet en binne minute voel hulle soos jou eie kosbare familie.

Die naweek wat nou verby is, het die KLR manne en dames Naboomspruit toe gekom vir ‘n lekker kuier en Saterdag ‘n lekker ver ry oor 241 km.

Toe ek Vrydagmiddag 15:00 by Die Oog aangekom het, was die eerste manne al daar. Francois was reeds die oggend 08:00 al daar! Frik en sy bloedbroer, wat nie sy broer is nie, het oor verre ompaaie gekom en was reeds daar. Nick was Rustenburg het ook oor al die agterpaaie gekom en sy KLR het die stofspore van baie sandkilometers gewys. So het die manne oor die loop van die middag en aand ingerol gekom en dadelik tent opgeslaan.

Saterdagoggend het die ry so twintig oor agt begin. Dit was lekker, dit was lekker sand en klippe, dit was lekker warm, en Copeland en Louisa se toebroodjies was koningskos.

Die aand het Willie en Cathy se skaap op die spit en Andrew se pap en sous ons laat teruggaan vir tweede skeppies.

Vir my een van die spesiale oomblikke was Sarel met sy kitaar en sy vrou Riana wat met haar engelstem saam geharmonieer het. Mag hulle nog op baie KLR bashes ons so”treat”.

Die KLR manne en dames is ‘n baie, baie spesiale groep mense.

Kliek op die foto’s om ‘n groter foto te kry.

Sommer gou het almal saam gesit en kuier.

Suzanne (middel) hou Louisa en Copeland geselskap terwyl hulle die toebroodjies vir die ryers se middagete maak.

Frik se stewels en 800 BMW het op hom gewag. Ons is verdraagsaam teenoor ander fabrikate en het 4 BMW's, 'n KTM, en 2 Triumph's daar gehad. 'n Motorfietsryer op enige fiets is ons broer en suster.

Frik se t-hemp sê alles: Afrika is nie vir sissies nie.

Ons het wonderlike sonskynweer die hele dag gehad.

Miskien was die stof beter as modder ...

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Naboom KLR bash

  1. Rina says:

    Gelukkig is die fotos van ons geneem voor ons die sand getref het, anders was hulle geblur!

  2. Gerda Lombard says:

    Dit lyk net al hoe lekkerder! Jy leef Lodie!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s