Zimbabwe April 2011

Die herfs mopaniebos in April het hard geroep, en ek moes luister. Zimbabwe is net drie ure se ry noord van Naboomspruit.

Die land was mooi soos altyd, die mense vriendelik soos altyd. Die polisie padblokkades is ook nog daar. Elke keer is ons met die grootste vriendelikheid en respek behandel. Ek is ook twee keer vir spoed gevang en het elke keer met ‘n waarskuwing weggekom. Nie een keer nie het ‘n polisieman eers vir ‘n geskenkie geskimp nie.

Na die goeie reens staan die gras hoog. Die sebras het soms in die hoë gras verdwyn.

Die troupant het op die pad bly sit en sy gogga klaar gevreet voor dit na die naaste boom gevlieg het.

Die hoofpaaie is in 'n goeie toestand. Weg van die grootpad is die grond langs die teer soms beter rybaar.

Vroegoggendkoffie met die hers mopaniebos ver onder op die vlakte.

Soos orals is daar ook in Zimbabwe rylopers langs die pad. Party is 'n bietjie groot vir saamneem.

Die Zambezi het hoog onder die brug tussen Zimbabwe en Zambië gevloei. Die foto is uit die tuin van die beroemde Vic Fall Hotel geneem.

Chipangali net suid van Bulawayo het die vorige 10 onstuimige jare oorleef maar hulle het dringend besoekers nodig om die projek aan die gang te hou.

As jy van die hoofpad wegdraai en deur baie klein dorpies ry, kry jy die gevoel jy is 40 jaar terug in die verlede.

Miskien kry die KLR einde van die die jaar kans om vir ‘n derde keer die groot en wye Afrika aan te durf. Miskien.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Zimbabwe April 2011

  1. Maryna den Braanker says:

    Pragtige foto’s – soos altyd !!!

  2. Praat met my asb. ek wil graag saam

  3. Gerda Lombard says:

    Jou ervaringe is elke keer vir ons ander ‘n aansporing! Ongelooflike fotos. Geniet dit, praat weer.

  4. Riaan van Rooyen says:

    Awesome… was ook in Zim oor April gewees met my GS. Zim is net ongelooflik, mense is so vriendlik, plekke so mooi…

    Maar Zim kort voete om die plek terug op die kaart te kry.

  5. Riaan van Rooyen says:

    Nice Lodie… Was ook in Zim op my GS in April. Wat n ongelooflike lekker plek. Van Kariba tot die pubs in Harare… alles was so lekker behalwe al die road blocks! 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s