Ode aan die Bosveld

Boekenhoutpad

Hoekom het gekies om eerder in die bosveld te leef i.p.v. Pretoria?

Saterdagoggend: Dis net na 7 die oggend. Ek het ‘n beker filter koffie gemaak en ‘n advokadotoebroodjie vir energie geëet. Die advokado’s is van Willie en Cathy se plaas en die brood uit my eie oond.

Die luggie het al ‘n effense byt van die winter. Die hemel is die tipiese winterblou.

Vanoggend is die KLR nie my ryding nie maar my bergfiets van baie duisende kilometers en baie toere. Ek ry uit op die Roedtanpad na die Nylrivier se vloedvlakte. Ja, ons het in die bosveld ons eie Nylrivier, en as jy op Google na Naboomspruit (Mookgophong) gaan soek, gaan jy verstom wees om uit die ruimte te sien hoe groot die vloedvlakte hier by Naboom is.

Vir byna 7 km is die grasvlakte onder water, helderskoon water. Vanuit ‘n motor lyk dit net na ‘n gewone grasvlakte maar as jy stop, kom jy agter tussen die graspolle vloei water.

Ek stop op ‘n treinbrug en maak die fiets staan. Net suid van die treinspoor vlieg ‘n visarend. Sy bekende roep weergalm oor die vlakte en bos. Noordwes van my kan mens die Hanglip sien, die bekende bergpiek waar Entabeni se Groot Vyf reservaat is.

Dis my tuiste. As ek hier wil kom fietsry, hoef ek nie vir ‘n naweek wag om uit die stad weg te breek boveld toe nie. Ek kan dit elke dag doen.

Ek ry terug dorp toe en koop op Friendly se stoep vier vars soet pannekoeke. Elke Saterdag kom koop ek hier pannekoek en gaan eet dit op my stoep.

En toe wonder ek of ‘n mens dit sal regkry om met kos, water en tent op ‘n bergfiets binne twee maande tot in Nairobi kan ry.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Ode aan die Bosveld

  1. Gerda Lombard says:

    Is dit nodig om so jaloers te maak??? Van die fietsrit tot die pannekoeke en avokadobroodjie!

  2. Maryna den Braanker says:

    Sal sitvlak-beproewing wees !!!
    Gaan kom kuier op die stoep met pap padkos tamatietoebroodjies en fleskoffie !!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s