Interessante motorfietsgroep

Motorfietsryers is individue. Motorfietsgroepe is verskillend. Daar is lawaaiers en drinkers en filosowe en gelowiges en jaers en gesinsmense.

Ek het na ons FSA byeenkoms in Pretoria die naweek ‘n heerlike kuier met ‘n groepie motorfietsryers uit Gauteng gehad. Dis nie ‘n klub nie, net ‘n  groep vriende wat saamry geniet, wat hul gesinslede by hul aktiwiteite betrek, en wat lekker en rustig kan kuier. Een eienskap wat ek by elkeen kon aanvoel, is ‘n groot avontuurlus, die liefde vir die oop pad en die gevoel van die groot en wye Afrika om jou. Ek het heerlik na baie rystories om die vuur geluister.

Dankie vir die uitnoding Suzanne en Andrew!

Hans en Rina toetssit die BMW RT. Rina was die ontwerper van die kaarte op my tasse.

Pa en dogter: Andrew en Laura het 'n wonderlike verhouding met mekaar. Laura ry nie meer agter op pa se fiets nie. Sy het nou haar eie motorfiets.

Antoinette en Hermanus met seuns Michal en Henro. Antoinette ry haar eie Harley met Michal agterop, en Henro ry agter op pa Hermanus se Harley. Wat 'n wonderlike gesin!

Kollega Suzanne en dogter Jennifer. Ma ry BMW, Jennifer agterop by pa.

Jeff Matthee op pad huis toe na die heerlike kuier.

Middel Junie gaan ek en ‘n paar manne van die KLR Clan Botswana toe om vir ‘n paar dae sonder was klaar te kom terwyl ons oor Makgadigadi ry. Ek sien uit na die foto’s!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Interessante motorfietsgroep

  1. Maryna den Braanker says:

    Geniet elke mm van elke baardhaartjie, wat nie gewas hoef te word nie – ek is seker daar is BAIE daarvan om ‘n genotvolle tydjie deur te maak!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s