
Ek het in Sekekoeniland (ou tribal gebied in Limpopo) langs die pad gestop en my tamatiebroodjies en koffiefles uitgehaal. Die blou winterhemel het alles nog lekkerder laat smaak.

Party het hulle motorfietse Graskop toe gesleep. Voor my ry 'n BMW met wee fietse op die sleepwaentjie.

Ek het van die foto met die boom se skaduwee oor die pad gehou. (En met 'n skok besef dat ek nog steeds daarvan hou om alleen te ry)

Die pas kort voor Pelgrimsrus was lekker om te ry.

Ons klompie van die KLR Clan het so entjie van die dorpsentrum gekampeer. Die eerste nag was nie so koud nie.
Like this:
Like Loading...
Related
Lekker Lodie, SA se legend! Geniet dit!