
Ek is kort na 7 weg uit Graskop. Met die son nog laag agter my het ek dit geniet om vir my skaduwee te sit en kyk. Op daardie oomblik was daar vir my niks mooier nie as 'n volgelaaide KLR wat alleenry ken. Ja ja, ek weet. Narsisties. Teen Rowerspas uit het selfs 'n weemoed my oorval dat ek en die KLR nie nog vir baie jare saam ver paaie gaan ry nie. Dit was vreemd.

Van Burgersfort tot verby Lebowakgomo voel dit vir meer as 120km soos Afrika, vriendelike Afrika. Ek het my nek styf links en regs gekyk na al die bedrywighede weerskante van die pad. My ontbyt was by 'n geboutjie waar ek, hoe anders, slap tjips en 'n russian gekoop het. Dit moes net met 'n Pepsi afgesluk word.
. . .Weemoedigheid pak my beet !
Sal die volgende padmaat nie dalk ‘n Harley wees nie ?!
Dit bly maar ‘n pragtige fiets, Lodie.
Hoe ouer ek raak, hoe meer waardeer ek dinge ……. mens raak skoon broos van dankbaarheid.