Dis weer tyd

Wanneer laas kon ek die KLR pak, kos vir ‘n paar dae, water in die groot watersak, min klere, en die vooruitsig van nagte onder ‘n maanverligte hemel?

Donderdagoggend vertrek ek en ‘n paar manne en een dame van die KLR Clan Botswana toe. Ons het vier dae se lekker ry en feitlik geen was voor ons.

Woensdagaand kom almal tot by my in Naboom. Vriende Cathy en Willie gaan vir ons ‘n heerlike potjie maak. Donderdagoggend vroeg ry ons Botswana toe. Donderdagaand gaan ons so ‘n uur noordwes van Serowe wild in die mopaniebos kamp. Vrydag gaan ons off road met sand en soutpan tot by Kubu Eiland. Tweede nag sonder was. Saterdag gaan ‘n baie, baie lang dag wees. Ons ry boslangs tot op Ntwetwe Pan, steek dit oor vir die magiese foto’s van ‘n 360 grade panorama van net wit om ons. Dan kom ‘n harde ry van sand en bos tot ons laat middag weer op die teerpad kom.  Ons gaan 320 km sonder petrol wees. Dis normaalweg vir ‘n KLR kinderspeletjies. In die sand gaan dit ‘n ander storie wees. As ons Khama haal voor die son ondergaan, gaan ons daar kamp. Indien nie, kamp ons weer in die bos tussen hier en daar.

Sondag is dit dan die lang ry terug huis toe.

My spyskaart is so eenvoudig soos ‘n KLR en effektief soos ‘n KLR. My ontbyt is Pro Nutro (sjokoladesmaak) wat ek met suiker, melkpoeier en rosyntjies aangevul het. Ek hoef net kookwater in die plastiese sakkie te gooi.  My middagetes is neute, provitas, kaaswiggies en droe (deelteken) wors. In die aande is dit boeliebief en “sweetcorn” op kapokaartappel.  Ek meng alles, maak dit op die stofie warm en sit dit dan op die aartappel. Ek kan weke dieselfde kos eet sonder dat dit vervelig word.

Groete, en veilig ry as julle ‘n langnaweek het en op pad gaan wees.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Dis weer tyd

  1. Erika van Sittert says:

    Klink my of die “geen was” meer na ‘n uitdaging klink as die res van die trip – maar, geniet dit & kom veilig terug in SA!

  2. Gerda Lombard says:

    Veilig ry! Klilnk na ‘n fees.

  3. Sarel says:

    Mag julle `n geseënde rut geniet en baie KLR vreugdes beleef.
    Blrssings

  4. Francois says:

    Geniet geniet geniet en veilig ry jully lucky boggers!!!!!!Moet sê,jy kan wragtig met min kos oor die weg kom klink dit vir my!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s