Twee heerlike weke Afrika vir Philip en Marietjie

Vanoggend vroeg het ek ‘n heerlike voorreg gehad. ‘n Egpaar hier van Naboomspruit, Philip en Marietjie van Niekerk, het op ‘n heerlike twee weke toer na Botswana, Zambië en Zimbabwe vertrek. Ek het vroeg opgestaan en so 70 km saamgery rigting Botswana toe.

Philip en Marietjie toer gereeld in Suid-Afrika. Nou het dit tyd geword om die Honda sy vlerke te laat sprei.

Ek het op ‘n grondpad afgedraai en die Yamaha (ek probeer nog steeds vertroue in die nuwe fiets te kry) se neus wes gedraai. Dit was erge sinkplaatpad. Ek het sommer gou die KLR gemis (hy staan veilig in my garage en wag vir die volgende GROOT reis).

Die Yamaha was nie lekker op die sinkplaatpad nie.

Die Yamaha Teneré het vandag baie erg op die sinkplaatpad gestamp. Die dele waar ek bly sit het, het dit gevoel of my oë uit fokus gestamp het. Dit het nie lank geduur nie voor die GPS in een rigting en die “bracket” in ‘n ander rigting gevlieg het. Die gestamp het twee boute laat loskom en verloor. Teen 60 km/h het alles gerattel.

Ek het op 'n stadium veld-in gery om te kyk of dit nie beter word nie. Die veld was swart gebrand.

Daar het baie afgebreekte sekelbostakke op die paadjie gelê. Sekelbos staan ook as bosveldspykers bekend. Die skerp punte gaan soos ‘n droom selfs deur bakkiebande.

Versigtig ry met al die dorings langs die paadjie.

In Junie tydens die rit na Kubu / Makgadigadi het ek met die KLR in digte sand in so 'n doringbos ingery!

Ek het verby ons Groof Vyf reservaat, Entabeni, se mooi ingang verbygery. So ‘n entjie regs van die ingang het ek vanoggend ‘n winkeltjie ontdek wat baie lekker hamburgers en slap tjips vir R 25 maak.

Die piek op die agtergrond se naam is Hanglip. Die gaste van Entabeni kan met 'n helikopter daarheen vlieg en 'n sundowner daar drink.

Terwyl ek vanoggend op die grond-, sand- en klippaaie van ons mooi bosveld gery het, het ek weereens besef hoe bevoorreg ons hier in Limpopo leef. Ons sien langs ons paaie vanaf groot diere soos renosters en kameelperde tot klipspringers. By Entabeni wou ek ‘n ou plaaspad gery het wat nou met ‘n hek toegemaak is. Die wag het my gekeer met ‘n “No sir, there are lions (uitgespreek as laaions) next to the road.”

Ek het die laaste 48 uur met interessante rygoed gery en gevlieg. KLR, Yamaha, Toyota, Duitse ICE trein en ‘n Airbus 340-600 van die SAL. Die lekkerste van dit alles was egter om in die bosveld met ‘n motorfiets op pad te kon wees!

ICE trein. Die spoed wat in die wa aangedui was, was 250 km/h.

Die SAL was die eerste lugdiens wat met die Airbus 340-600 Frankfurt toe gevlieg het. Die Airbus was 'n aksie vinniger in Suid-Afrika as ek en die KLR toe ons verlede jaar verby die lughawe gery het die eerste dag van my terugreis.

Mag ek bewys hoekom dit vir my voel of ek in die paradys leef? Kyk na die volgende twee foto’s. Ek het hulle op die pad geneem wat ek vanoggend gery het. Op die foto is Pia, ‘n gas uit Duitsland.

Wat staan in die bos agter Pia?

Twee kameelperde!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s