‘n Monument by Hoërskool Monument, Krugersdorp

Verlede jaar met die fondsinsameling vir Operation Smile het Marlinée Fouche, een van ons oudleerlinge, die bal aan die rol gesit en oor die R 11 000.00 met die hulp van haar mede-leerders by haar skool ingesamel.

Dit gebeur so dikwels dat ‘n projek begin word net om kort daarna ‘n stille dood te sterf. Nie die projek wat Marlinée begin het nie.

Marlinée het hierdie jaar met haar Joernalistiekstudie aan die Universiteit Johannesburg begin. Haar nalatenskap aan haar oud alma mater het egter van krag tot krag gegaan. Die leerders het hierdie jaar weer geld vir Operation Smile begin insamel.

Vanoggend het ek ‘n sms van ‘n baie trotse Marlinée gekry. Die leerders van haar oud skool het die reuse bedrag van R 27 500.00 vir Operation Smile ingesamel!

Skitterend skitterend skitterend!

Die leerder van Hoërskool Monument, Krugersdorp, het daarvoor gesorg dat 7 kinders se lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Dit is mense soos Marlinée en almal wat haar gehelp het, wat hierdie land van ons so spesiaal maak.

Die foto is van Marlinée by die KLR twee dae voor die einde van verlede jaar se toer toe ek hulle skool gaan besoek het.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s