Die KLR familie groei!

Ek glo dat niks in ‘n mens se lewe sommer net so gebeur nie. Die dag toe ek my KLR in Pretoria gekoop het, het ek met die wonderlikste rit, letterlik én figuurlik,  van my lewe begin.

Die KLR het nie net my lyf tot op die Russiese grens en terug gedra nie. Ek het soveel wonderlike mense ontmoet, hier in Suid-Afrika, Afrika, Midde Ooste en Europa. Wie kan die foto van die aarbeivroue in Letland, of die Russiese vrou met haar vuil kindertjies, ingeraam deur die deur van haar huisie, vergeet?

Hier in SA het ek soveel nuwe vriende gemaak wat motorfiets ry of net langs die pad was waar ek en die KLR gestop het. Ek kan nou werklik van Messina tot die Kaapse Weskus by nuwe vriende aanklop vir ‘n koppie koffie of `n gebraaide snoek.

Saterdag het ek en twee KLR vriende weer die agterpaaie in die bosveld gaan platry. Dit was ‘n besonderse dag. Daardie dag het my KLR sy 80 000ste km gery, en Christina van Pretoria het op haar nuwe KLR haar “off road”  vuurdoop gehad. Sy gaan nog ver paaie in Afrika ry. Sy is van die murg-stoffasie, nie bek nie.

Maar die nuus wat my hart die blyste gemaak het, was ‘n oproep van my ou maat Jacques Roos. Jacques en Estelle het baie honderde kilometers saam met my op my voorbereidingsritte in my bakkie gery. Op ‘n tog deur die Botswanasand op pad na die Zambezi het die KLR na 6 000 km oorgeslaan.

Sedertdien het ek elke keer ‘n kopgesels met Estelle gehad as nog ‘n volle duisend kilometer afgelê is. “Estelle, ek is nou in die Negevwoestyn in Israel. Die KLR het nou so pas oorgeslaan 50 000 km toe.” of “Estelle, ek is nou kort voor Marsabit in Noord-Kenia, en hier langs die krater net noord van die dorpie het die KLR nou oorgeslaan 55 000 km toe.” “Estelle, nog twee dae se ry tot by die Malawimeer en die KLR is nou op 70 000 km.”

Die oproep van Jacques was verrassend. Hy het vir hom ‘n motorfiets gekoop. Nie net ‘n motorfiets nie, hy het vir hom ‘n KLR gekoop!

Die sirkel is voltooi. Ek sien uit om nog heerlike ritte met Jacques te hê.

2007: Ek en Jacques en Estelle ploeter deur die Botswanasand noordwaarts.

2007: Een van die baie kere wat ek en Jacques en Estelle wild in die bos ons kampplekkie gemaak het.

Oktober 2011: Jacques by sy eie splinternuwe KLR!

Hierdie komende naweek is dit die jaarlikse KLR saamtrek by Bergwoning net voor Golden Gate. Van heinde en verre kom die KLR ryers om vir twee aande om die kampvuur te sit en lang stories te gesels. Ek sien uit na die weersiens met baie ou vriende.

Hoe staan op Francois se KLR?  It’s better to have Journeyed than to Arrive.

Nou moet ek hard daaraan werk om nog te ge-“arrive” het nie maar nog te “journey”. Nou vir 100 000 km op die ou KLR!

 

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Die KLR familie groei!

  1. Gerda Lombard says:

    Veilig ry! Wat ‘n getuigskrif vir ‘n KLR!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s