Oor `n bietjie meer as `n week is dit Kersfees, die fees van Liefde en Omgee. Of jy Kerfees vier of nie wil ek graag jou met jou gesin `n wonderlike feestyd van liefde toewens.
My KLR met byna 84 000 km agter die rug staan gereed. Soos in 2008 en 2010 kom volgende jaar weer `n ver reis aan die beurt. Die keer gaan ek in die noordelike halfrond ry na die agterkant van die aarde toe. Dit gaan opwindende maande wees.
Ek het die laaste ruk `n deja vu ervaring gehad. As `n mens reis, bly mense en ervarings op jou agter en verander jou permanent. Een jaar en vyf maande na my 2008 reis het ek weer gaan sit en `n tweede boek geskryf. Die onvertelde storie van die 2008 reis. Die boek se naam is Kate.
Toe ek verlede jaar met die KLR deur Soedan ry, het ek my manuskrip op `n USB stokkie in die sand van die woestyn begrawe en die uitgewer laat weet Stop! Ek wou nie meer aangaan nie. In Malawi het sy weer gevra of ek werklik die hele projek wou stop.
Ek wou nie daarmee aangaan nie.
Baie keer bly so iets by `n mens spook. Ek het die manuskrip van `n oudstudent teruggekry wat met die skaafwerk gehelp het. Op Donderdag 8 Desember 2011 het ek die finale streep getrek. Dit spook nie meer by my nie. Ek kan dit ook nou met die vreemde wêreld deel. As jy sou belangstel, gaan ek dit nou vir jou as Kersgeskenk gee. Jy kan dit in PDF van my webblad gaan aflaai.
Gaan na www.naboom2germany.co.za
Kyk links bo onder die boekadvertensie is `n skakel met die naam Kate. Kliek daarop. (As jy dit nie sien nie, druk die F5 sleutel op jou rekenaar se sleutelbord).
Stoor die dokument êrens op jou rekenaar of druk dit uit.
Lees en geniet dit en gaan na die mens vir wie jy lief is en sê dit vir hom of haar. Het jy vriende wat dit nodig het om mekaar met nuwe en waarderende oë te moet sien, stuur dit vir hulle.
Laat weet my as jy dit gelees het. Na die eerste tien wat Kate gelees en my laat weet het, gaan ek julle vertel wat met die hangertjie gebeur het. Ongelooflike dinge …
Hoekom deja vu? Jolandie se reis om Afrika volgende jaar. Ons reise gaan oorvleuel in tyd maar met kontinente daar tussen. Julle gaan gereeld saam met my vir haar ‘n kersie aansteek vir `n veilige reis, voorspoed, en `n veilige terugkeer. Sy verdien dit. Hoekom reis ons nie saam nie? Soek die antwoord in Kate.
Groete, en tot 2012!
Ek epos jou nou.
Kan nie anders as om diep aangeraak te word deur jou vertelling nie.
…
Lodie,
“Kate” is so boeiend dat ek nie kon ophou lees nie. Ek het my so ingeleef dat ek soms vir jou vies was omdat jy so “onnosel” was. Kry ‘n mens werklik ‘n sielsgenoot iewers?
Dankie dat jy met ons gedeel het, ek dit gaan nog lank oordink….
Groete
Leon Theron
Lodie, kan nie wag om dit af te laai nie!!! Ek hou die lees vir die Kersnaweek. Wens jou Sy seën toe en BAIE dankie dat ons die boek kan lees en saam met jou beleef …..
Hi Lodie, ek ken jou nie so goed soos my man doen nie. Hu volg jou en ek kry altyd verkorte opsommings. Ek luister graag en volg maar derderangs. Maar vanoggend het ek wakker geword langs ‘n man wat diep aangeraak was deur jou Kate-storie. Dankie dat jy dit met ander deel en dat ons deur jou lewenservaring kan lesse leer. Al is dit dan ook op jou onkoste. Ons wens jou en Jolandie alles wat mooi en geseend is toe vir 2012. Mag julle veilig reis en terugkom. Dankie dat ander mense ook deel van jou lewensreis kan wees.
Groete
Elise