Vandag vier jaar gelede

(Photographs below)

Vandag vier jaar gelede, stiptelik om agt die oggend, het ek op my eerste ry oor Afrika vertrek. Nooit sou ek kon dink dat dit my lewe soveel sou verander nie, en alles net ten beste. Op die een foto hier onder staan my pa links en kyk toe hoe ek vertrek. Die week het ons finaal van hom afskeid geneem …

Vandag stuur ek my aansoek vir die Russiese visum per koerier na die Russiese ambassade toe. Nou begin die jakalsdans in alle erns. Al die jare was my beleid dat ek nooit iemand ‘n omkoopgeldjie sou gee om iets te kry nie. Jammer as ek julle nou moet teleurstel. As dit nodig sou wees, sal ek en die Russe oor ‘n geskenkie moet onderhandel want ek moet die visum kry. Ek ry weer na dieselfde grenspos toe wat vier jaar gelede my teruggestuur het. Indien dit nodig sou wees, sal ek ook daar onderhandel …

Die meeste visumaansoeke se dokumentasie is belaglik. Op my amptelike uitnodiging wat ek uit Rusland het, moes die KLR se besonderhede aangedui word. Die ambassade kan dus sien dat ek Rusland met my eie wiele wil binnery. Hulle vereis egter ‘n vliegkaartjie Moskou toe voor hul enigsins die visumaansoek aanvaar. Hier het Laurette Haynes van Aloe Travel tot my redding gekom en ek stuur vanoggend vir hul my “vliegkaartjie” saam met die aansoek. Baie dankie Laurette!

Ek weet nie hoe die Russiese Ambassade die vliegbesonderhede en die KLR se besonderhede met mekaar kan versoen nie. Ons wag maar en kyk. Dit is interessante dae wat nou op my wag.

Ek vlieg met Egypt Air Berlyn toe. Met dié lugdiens kan ‘n mens 46 kg bagasie saamneem. Dit is nog steeds te min vir my bagasie maar toe kom nog ‘n engel tot my redding. Baie dankie Tanja Fischer wat vir my met nog ‘n 23 kg kon help!

Vandag oor twee maande en twee weke begin die wiele rol.

Een van ons oudstudente, Andrea Fourie, het met ‘n blog oor kos begin. Ek geniet om dit te lees. Die blog is nog in die beginstadium maar gaan nog baie groei. Die adres: http://allaboutlovingfood.wordpress.com/  Weet julle hoeveel van die sjokolade wat ons vandag eet, kom van kinderslawearbeid? Sedert ek haar een bydrae gelees het, kyk ek met ander oë na sjokolade. Ek gaan uit Rusland / Siberië vir Andrea foto’s van al die snaakse kosse stuur, en van die foto’s gaan sy ook op haar kosblog sit.

As sy my net op haar blog kon leer hoe om kos te maak …

Hou saam met my duim vas dat ek my Russiese visum kry!

Groete

Saturday 15 March 2008, 08:00. The start of my life-changing experience: My ride across Africa to Germany. That all happened today four years ago.

In order to submit a visa application to the Russian Embassy there must be an official invitation from Russia. This is an extract of the invitation, with even the details of the KLR on it. But I have to submit a copy of a flight ticket to Moscow as well. Does it make sense?

This is what happened to me four years ago. I had a visa but was refused enty into Russia. Will 2012 be the year that I will be allowed into Russia?

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Vandag vier jaar gelede

  1. Maryna den Braanker says:

    . . Wiele aan die rol – OPWINDEbND !!!

  2. Neil Buckley says:

    Lodie, i will hold thumbs for you that all your travel documents come through 🙂 Every person deserves to live their dreams, and you my good man are showing many people just how to do that.

    You are a true inspiration!

    You now have an extra Guardian Angel watching over you on your travels, you will be safe and you will get all you documents, i firmly believe that. Once more i look forward to reading about your experience, that way i can live part of my dream through your awesome writing skills.

    Stay Positive, this will happen and one day we will be chatting about it at the Bikers coffee shop with the legend parked close by.

  3. Selomie says:

    Ons wag in spanning, sterkte met jou aansoeke.

  4. Maritza says:

    Hi Lodie!
    Wat ‘n wonderlike herhindering was dit nie om weer terug te dink aan die tyd toe jy begin het 4 jaar gelede! Ek kyk nou na die bostaande foto en ek sien jou pa daar! Hoop die volgende rut gaan net so vol verrassings en uitdagings wees! Groete, Maritza

  5. andreafourie says:

    Dankie vir die “mention” oom. Ja, daai pasta en chutney van oom… Eish.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s