Leesstof wat laat glimlag

Vir almal wat Afrikaans lees en geniet, het ek ‘n skakel na ‘n interessante internettydskrif, Sonder Seëls. In hierdie uitgawe is daar ‘n baie insiggewende artikel oor Operation Smile op bladsye 2 en 3.

Die tydskrif is gratis, word elke twee maande uitgegee en as enige iemand dit wil ontvang, stuur ‘n epos aan kontak@sonderseels.co.za en vra om op die intekenaarlys te kom. Die volgende uitgawe verskyn 14 September. Daar het ek ‘n bietjie rondgeskryf en miskien met my slot op ‘n paar tone getrap.

Lilla du Preez, die redaktrise, beskryf die tydskrif as volg:

Die aanvanklike gedagte was om ‘n Afrikaanse nuusbrief van so twee of drie bladsye uit te gee, maar die entoesiasme en ondersteuning was so groot dat dit voor die eerste uitgawe ontwikkel het in ‘n tydskrif van 10 en later meer bladsye.

Ons skryf oor lekker positiewe onderwerpe, ons lag vir onsself en saam met ander, ons leer van mekaar, ons wil graag vir iemand iets beteken.”

Dis lekker om lekker leesstof, soos die blog Bileam se Donkie, met julle te deel. Dis tyd dat ons nog meer glimlag en geniet.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Leesstof wat laat glimlag

  1. Ina says:

    Dankie Lodie, ek geniet ook Bileam se Donkie baie……en gaan beslis ook inskryf vir hierdie internet tydskrif …..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s