I recovered from the pneumonia I got last week. I am released from hospital for a bit of recovery at home (sweet home) before I will be heading back to Pretoria for the PET scan early December.
Thanks to all your wonderful people for the visits and messages. I sincerely appreciate. Dorette and Jackie, what would I’ve done without your support? Thank you so much!
After nearly three weeks away from home I look forward to the first mug of coffee on my stoep!
Ai Lodie – daar is niks lekkerder as om na ‘n paar dae of selfs weke weer terug te wees by mens se eie huis en om in jou eie bed te slaap nie. Geniet dit en sterk gou aan. Die afgelope weke het jou woes behandel. Ons het jou die stryd sien begin met ‘n baie goeie positiewe gesindheid en ons het ook gesien hoe dit te veel geword het om alleen te dra. Ons is nog steeds daar as jy ons nodig het al kan ons nie jou las vir jou dra nie. By jou huis sal jy weer die skoon lug en rustigheid kan inneem en daarmee saam jou positiewe gesindheid herwin. Liefde Groete
Dit was regtig lekker om jou stem weer te hoor, Lodie! Ek is oortuig jou geliefde Bosveld gaan jou baie goed doen. En natuurlik gaan jy jou getroue en geliefde KLR ook weer sien! 🙂
Ek is besig om my reëlings te begin tref vir 2013 – ek sien baie uit daarna om vanaf daardie welbekende stoep oor die wêreld te filosofeer.
Mag jy teen verwagting in baie gou volkome herstel.
Groete
Emil & Gerdia
Liewe Lodie, so bly jy is sover dat jy vir ‘n rukkie in jou eie plek kan gaan aansterk. Soos tevore weet ek jy gaan jou nie so maklik laat onder kry nie. Positiewe denke en Sy genade is genoeg. Jy gaan, soos voorheen, weer bo uitkom. Bid vir jou, sal nog bel. Liefde groete van al die Lombards in die Kaap.
Baie bly om te hoor – gaan rus nou by die huis – groete uit ‘n baie baie warm Kalahari met erge brande op plase !
Hallo Lodie,
es ist schön zu hören, das Du wieder zu Hause bist. Ich hoffe unsere Genesungskarte hat Dich erreicht. Du bist ein positiv denkender Mensch – das hilft sehr bei der Bewältigung dieser gesundheitlichen Herausforderung. Ich bin fest davon überzeugt, das wir uns bei guter Gesundheit wiedersehen werden.
Liebe Grüße aus Pulheim – Dein Freund Dieter
🙂
Welkom terug, Lodie! Was lekker om jou verlede Vrydag te kon sien. Onthou ons is net om die hoek, bel net as jy iets nodig het, asb. Miskien kom ons hallo se oor die naweek? Groete
Geniet jou eie tuiste en onthou, ek stuur elke dag `n engel om jou te ondersteun en onderskraag. Hoop om sommer gou my KLR se neus by jou oprit in te draai vir `n lekker kuier.
Groetnis
Home sweet home – das wird Dir wieder Kraft und Mut bringen, neue Hindernisse zu bewältigen, lieber Lodie! Dink aan jou en bid vir jou! Gelukkig het jy so baie vriende naby jou of net ‘n oproep of e-pos ver, om jou te kan ondersteun!
Alle guten Wünsche und noch viele Tassen Kaffee auf Deiner “Stoep”!
Dies wünscht Dir
Heidi.