Waarom ek so stil is?

imageMy apologies to all readers who don’t understand Afrikaans.

Ek is skuldig daaraan dat ek tans baie min op my blog skryf. As ek die kanker eendag kan klop, sal ek vergoed.

intussen slaap ek baie, of is ek laatnag wakker. Dan doen mens vreemde goed, soos ‘n gedig skryf. ‘n Mens moet jouself ook nie te ernstig opneem nie.

Dit is 00:23, die uur,
wanneer die nagduiwels hul
Mensewrakke uit rykmanskombuise en van
verslete kotsbevlekte huise-van-geen-hoop
kom haal

Die string verslaafdes wat met bewerige maer en vuil hande
deur papierkoevertjies na die laaste paar krummels wit poeier soek
waarmee hul vir altyd wil wegkoms uit die aarde se baan
wat hul keer op keer terugtrek na hul hel op aarde.

Ons is ‘n sieklike bespotting van Nabucco se Slawekoor. Die enigste
Hemelse is die shot wat miskien gaan kom.

Tussen kanker- en pynpille en morfienplakkers word ek wakker,
Soekend.
Die pakkie lê voor my op die tafel. Versigtig vou ek die papier oop
en haal een, twee en toe ‘n derde stuk uit en prop dit in my mond.
Kouend kom die ontspanning.

Heerlike soet Duitse sjokolade

.

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

22 Responses to Waarom ek so stil is?

  1. Dieter Moritz says:

    Hallo Lodie,

    gerade heute Abend hatten wir vier Freunde bei uns und haben auch viel über Südafrika und deine Bedeutung für uns gesprochen.

    Ich bitte den Herrn darum, dass wir unser Versprechen am 08.03.2015 in Deinem Haus einlösen können.

    Kämpfe weiter.

    Dein Freund Dieter

  2. Gerda Lombard says:

    Nog ‘n verborge talent!!! Hoop ons sien meer daarvan!! Dit is kosbaar.

    • Lodie says:

      Gerda,

      Ek wens ek was nou op ‘n koue nat Kaapse winteraand by julle. Ons sal dan die Milo pot stook!

      Groete!

  3. Louis Langenhoven says:

    die gedig laat ‘n soet smaak in mens se mond. dankie

    2014-05-23 23:39 GMT+02:00 Africa, Europe, Russia / Siberia! Well done KLR!

    • Lodie says:

      Hallo Louis!

      Vanaand is ek weer LUS vir sjokolade. Maar die laai is leeg. Gelukkig het ek nog een Zoo koekie wat ek nou gaan eet.

      Groete!

  4. marcel turk says:

    Hang in there Lodie Groeten uit neaderland van Marcel

    Op vrijdag 23 mei 2014 heeft Africa, Europe, Russia / Siberia! Well done KLR! het volgende geschreven: > Lodie posted: “My apologies to all readers who don’t understand Afrikaans. Ek is skuldig daaraan dat ek tans baie min op my blog skryf. As ek die kanker eendag kan klop, sal ek vergoed. intussen slaap ek baie, of is ek laatnag wakker. Dan doen mens vreemde goed, s” >

    • Lodie says:

      Marcel, thank you so much for the comment!

      I would never forget the 1st of June 2008, when you came all the way from Holland to welcome me at me arrival at Rosi and Günther in Selbold.

      We’ll meet again!

  5. Patricia Govers-Tesch says:

    Fantastic Lodie! Let me know what kind of german chocolate I can send you!

  6. diskantverdwaal says:

    Ek het nogal ‘n ‘probleem’ om op te hou . . . as ek eers begin het om die lekkertes in my mond in te prop . . 🙂

    . . . Toblerone . . Milka . . Merci . . 🙂 Stuur maar meer van jou gedigte. . . 🙂

  7. Wilna Matthee says:

    Hallo Lodie. Jy is al heel week in my gedagtes. Jou gedig ‘n verrassing…. sien uit na nog.. asb! groete.

  8. Louis de Villiers says:

    Hallo Lodie, dankie dat jy jou sielsgedagtes in gedigte omskep sodat ons kan deel in mekaar se menswees.
    Ek dink elke mens behoort elke dag ‘n gedig te skryf om dit wat in ons binneste verweef is ook met ander te
    deel! Groete en sterkte!

  9. Lodie says:

    Hallo Louis!

    Dit kan groot terapeutiese waarde hê as mense op die manier hul emosies op papier of rekenaar kan uitskryf. Al is dit na ‘n Gautengse verkeersopeenhoping %^#*+^!!

    Groete!

  10. Kuni Ditira says:

    Hi Lodie

    Mooi man. I initially thought you were talking of coke. Hahahaha.

    My third book Mosaic will probably be printed in July.

    I will send you a copy to read at night.

    Sterkte my maat.

    Kuni

    • Lodie says:

      Kuni, congratulations on your new book! I would be honoured to receive one.

      When it is ready send me the details of where the book is available.

      No coke for me, bad for the health (drug) and teeth (drink).

  11. ook my soete verslawing…

  12. George says:

    Oulik

  13. vanniekerks2 says:

    Ja, Lodie ,ja ……….

  14. Lodie says:

    Philip, die aand as julle die waypoints vir julle Malawitoer kom kry, kan ons lekker saam eet. Ek nooi julle uit. Maalvleis.

Leave a reply to Lodie Cancel reply