The final chapter after 17 573 km.

(English and photographs below)

My motorfietstoer van Duitsland terug na Naboomspruit is na vele ompaaie verby.

Dit was ‘n goeie rit. Ek loof my Hemelse Vader vir groot genade en beskerming gedurende die toer..

Vir al die motorfietsryers wat my gister by Pretoria en tussen Nylstroom en Naboom ingewag het, baie dankie! Julle laat mens klein voel. Willie en Cathy, baie dankie vir jul organisering van die laaste ent se ry Naboom toe!

Ek wou ‘n langer stukkie skryf maar gisteraand was ek al sewe uur in die bed en het dood vir tien ure geslaap. Ek gaan later die week die laaste oor die toer skryf.

Met die fondsinsameling is ons so naby aan die bereiking van ons doelwit. Baie dankie aan ELKEEN wat sy hart oopgemaak het. Elke donasie is ewe veel werd want dit doen koningswerk vir koningskinders.

Die reunie was lekker. Dit was lekker om oud-kollegas te sien, en veral oudleerlinge in hul nuwe rolle van pa’s en ma’s. Hoërskool Bothaville doen baie goed onder die leiding van Mnr. Piet Wessels en sy personeel.

En dan het Hoërskool Monument Saterdag die magtige Hoërskool Waterkloof op Waterkloof se tuisveld met een punt geklop! Skiiterend Monnas!

Ek soek nog my motor se sleutel …

Tot later die week.

Zakumi says "You're back home!"

Paar foto’s van die reunie by Hoërskool Bothaville / Few photographs of the re-union the past weekend

Grappies met van die personeel en ooudleerlinge / Fun with some of the teachers and ex-pupils

Dit was soms 'n stryd om Duits in hulle koppe te kry! / Often it was a battle to get the German language into their heads!

Petro Botes (van Sittert) was deel van die klas van 1987. Hulle was my hart se punt / Petro Botes (van Sittert) was one of the matric pupils of 1987. I had a huge soft spot for them.

I will upload the photographs of Sunday later the week.

English

My motorcycle tour from Germany back to South Africa has been completed.

That was a good and long ride. I thank God for all the protection and mercy shown during the long ride.

It was great meeting the ladies and gents on their bikes at Pretoria and later between Naboom and Nylstroom. Willie and Cathy, thank you for organizing the last ride home with the bikers.

I wanted to write more now but I am too tired. Last night I fell asleep so early and slept a full 10 hours. Later the week I will write the final post.

It is going so well with the fund raising campaign. We are less than R 5 000 away from reaching our goal! Each contribution is worth so much because it will contribute in restoring humanity in the life of a young person.

I am glad that I attended the reunion at Hoërskool Bothaville. It was good seeing old coleagues again, and especially the ex-pupils in their new roles as dads and moms. God bless you all!

Hoërskool Monument managed to beat the giants, Hoërskool Waterkloof on Waterkloof’s territory on Saturday. Well done Monnas!

And I am battling to find my car’s keys…

Have a good week!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to The final chapter after 17 573 km.

  1. Maryna says:

    TUIS !!!
    Dankie vir jou interessante toer. . .ons almal wat op jou inge’zoom’ was, het elke dag se pos/nuus ingewag. Jou natuur-foto’s ìs blywende aandenkings!

  2. Willie en Cathy says:

    Lodie Welkom terug in ons vriendelike sonskyndorp. Ons Loof die Here saam dat Hy jou bewaar het deur die toer tot terug by die huis. As ons na die dun bande van die fiets kyk, dan besef ons dat die Liewe Vader met jou was. Ons bewonder jou deursettings vermoë en jou doel daaragter. Dankie vir dit wat jy doen vir al die kindertjies, verseker sal hul jou nooit vergeet. Sterkte met wat jy nog beplan, maar eers, RUS nou ‘n bietjie.

  3. Gerda Lombard says:

    Saam bly en dankbaar vir veilige bewaring, Hy is getrou. Pas jouself mooi op en ek glo die mikpunt gaan bereik word en jou harde werk vir Sy kinders beloon word.

  4. Copeland says:

    Geniet jou huis Lodie!
    Daar is min dinge in die lewe wat so lekker is as om te lag. Dankie dat jy baie kinders die geleentheid gaan gee om dit net so baie te kan geniet:)

  5. Your website is really looking good. You can write. Did you know writers with your skill are in high demand?

    Paid to Write

    Good luck!

Leave a reply to Writers Wanted Cancel reply