Hoe kry ‘n mens die winter om?

Die herinnerings loop nou ver paaie

Gister ‘n jaar terug was ‘n Sondag. Ek was in Italië en het die dag in Venesië deurgebring. Dit was ‘n sonskyndag en ek het vir my ‘n vulpen gekoop. Ek hou nie op met glimlag as ek aan verlede jaar dink nie. Ek was, is, so bevoorreg.

Toe kyk ek deur my foto’s en kom op dié foto af. Dit was in Egipte in die sg. Oostelike Libiese woestyn, aan die westekant van Egipte. Woestyne hou vir baie mense ‘n groot bekoring in. Ek het geleer om dit te vrees. Ek wil nooit eendag in ‘n woestyn woon nie. Dis genadeloos-dodelik-hard. Maar tog, terwyl ek nou na die foto kyk, mis ek dit ook. Die paar keer wat ek Comrades gedraf het, het ek dit gehaat, net om die volgende jaar weer terug te wees. Dis hoe ek my verhouding met enige woestyn beskryf:  ‘n Liefde-haat verhouding.

Hoe kry mens die winter verby? Jy kyk foto’s en droom. Ek het twee lekker rye met die KLR wat om die draai is. Begin Junie gaan ek saam met ‘n klompie ouens van die KLR Clan Graskop toe. Kamp in die winter. En dan 16 – 19 Junie: Die rit met die KLR manne en een dame Kubu Eiland / Makgadigadi in Botswana toe. Vir drie dae gaan ons nie was nie, gaan ons kos en water spaar soos in die woestyn.

Verlede Vrydag moes ek vir ‘n werksbyeenkoms binnelands vlieg. My skoene was vuil. In die sekuriteitsdeel keer my Joe Ndleleni my voor en bied aan om my skoene vir my skoon te maak. Ek het werklik nie ‘n sent by my gehad nie, net my kaart. Daar is ook nie ‘n ATM in die sekuriteitsgedeelte nie. Dit het Joe nie gepla nie. Hy het my skoene verniet skoongemaak en my met ‘n groot glimlag laat gaan.

Ou Joe wat ek van geen kant ken nie, het my net opnuut weer oortuig dat hier baie goeie mense in ons land is.

More ‘n jaar gelede is my kamera in Italië gesteel. En dit was die dag toe ek weens ‘n verkeerde GPS koordinaat in ‘n moeras naby Monfalcone beland het. Dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

Groete!

About Lodie

Africa, Africa, Africa!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Hoe kry ‘n mens die winter om?

  1. Maryna den Braanker says:

    Ja lodie – foto’sis Ðie mees waardevolste item !!! Dis ‘n belegging vir jouself en nageslag en vriende !!!

  2. Gerda Lombard says:

    Het skoon heimwee ….. soos jy sê wat is ‘n mens sonder herinneringe!!! Mal oor my albums om my te help onthou…

  3. Riana de Villiers says:

    Hoe kan ‘n mens die toekoms ingaan sonder waardevolle herrinneringe van die verlede………? ‘n Woord, ‘n gedagte, ‘n ervaring, ‘n foto………

  4. Ina Bester says:

    Die Mooie herinneringe van gister en eergister, is ons Genade-Hoop vir môre en oormôre, dit hang net af van elkeen van ons, en dis in ons hande, hoe ons dit beleef, en hoe ons werklik LEEF!! …. en jy, Lodie het die wonderlikste ervaringe en leef jou drome met passie, in dit wat jy doen, en ook wat jy vir ander doen. Jy’s so bevoorreg om die mooie wêreld te sien, en gelukkig deel jy dit met ons, baie dankie!! Die wonderlike ervaringe en herinneringe is iets wat Niemand van jou af kan wegneem nie….. Jy kan gerus daaraan dink om jou foto’s in boekvorm uit te gee….dan het ons iets om ons die winters mee warm te hou…. 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s